Ons Plek_Wit skrif-02-01
Ons Plek_Wit skrif-02-01

Wat is die StapSaam-fonds?

StapSaam-fonds barometer

R748 334 ingesamel

Hierdie totale bedrag sluit in alle skenkings vanaf 1 April 2024

Die StapSaam-fonds wil die toekoms hand aan hand met die gemeenskap instap, met hart in krag tot hoop vir ons toekomstige generasie.

Om ons missie van gemeenskapsbetrokkenheid en opvoedkundige uitnemendheid voort te sit, is dit noodsaaklik dat Solidariteit Helpende Hand 'n stabiele finansiële basis het vir Ons Plekke reg oor die land.

Die StapSaam-fonds gaan ons in staat sal stel om ons kinders verder te bemagtig en te verseker dat ons genoeg fondse het om ons doelwitte te bereik. Hierdie fonds, wat ons beoog om met fondswerwing en skenkings te vestig, sal 'n kritiese rol speel in die voortgesette ondersteuning van ons inisiatiewe by Ons Plekke.

Dit sal ons in staat stel om ons dienste uit te brei, nuwe inisiatiewe te implementeer, en die nodige hulpbronne en fasiliteite beskikbaar te stel om ons kinders die beste moontlike kans te bied op 'n suksesvolle toekoms.

Met die ondersteuning van ons gemeenskap, borge, en ondersteuners weet ons dat ons 'n sterk fonds kan skep wat ons sal help om ons impak te vergroot en 'n positiewe verskil in die lewens van ons kinders te maak.

Ons gaan toegewyd voort met ons missie om die jeug te bemagtig en ondersteun, en ons sien uit daarna om 'n stabiele finansiële grondslag te bou wat dit volhoubaar sal maak.

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek vier 'n dekade van toegewyde diens aan die gemeenskap terwyl ons ook 'n nuwe hoofstuk begin met die bekendstelling van die StapSaam-fonds. Hierdie fonds is ons antwoord op die dringende behoefte om ons kinders verder te bemagtig en te verseker dat almal die geleentheid kry om hul volle potensiaal te bereik. Ons vier ook ons 10de verjaarsdag met trots. Dit is 'n mylpaal wat ons inspireer om nog harder te werk en 'n nog groter impak te maak op die lewens van diegene wat ons dien. Met die StapSaam-fonds en ons dekade van diens as rugsteun kyk ons vol hoop na die toekoms terwyl ons voortgaan om 'n veilige, ondersteunende omgewing te skep vir al die kinders wie se lewens ons aanraak.

Solidariteit Helpende Hand se Ons Plekke is 'n toonbeeld van gemeenskapsbetrokkenheid en 'n baken van lig vir die kinders van ons land. Hierdie unieke inisiatief, wat streng voldoen aan spesifieke regulasies, plaas die klem op Afrikaanse onderrig van hoë gehalte in 'n veilige ruimte vir kinders uit alle agtergronde sodat hulle hul potensiaal volledig kan laat ontvou. Ons het 'n passie vir die bemagtiging van ons kinders terwyl ons ook die ryk kultuur en waardes van die Afrikaner-gemeenskap koester en versterk.

ARNOLD DE WET

hh-ons-plek-derdepoort-skenking-320x240

StapSaam-fonds wil toekoms vir Afrikaanse kinders verseker

Solidariteit Helpende Hand vier vanjaar Kinderberskermingsweek met die amptelike bekendstelling van die Helpende Hand Ons Plek StapSaam-fonds.

435559841-401472262737052-8142480142317796442-n-320x320

Stap saam met ons kinders

Met die stigting en beplanning van die fonds en veldtog het ek baie gedink aan die woorde van Carike Keuzenkamp se lied "Stap saam met my"