Wat is die StapSaam-fonds?
Die StapSaam-fonds wil die toekoms hand aan hand met die gemeenskap instap, met hart in krag tot hoop vir ons toekomstige generasie.
Om ons missie van gemeenskapsbetrokkenheid en opvoedkundige uitnemendheid voort te sit, is dit noodsaaklik dat Solidariteit Helpende Hand 'n stabiele finansiële basis het vir Ons Plekke reg oor die land.
Die StapSaam-fonds gaan ons in staat sal stel om ons kinders verder te bemagtig en te verseker dat ons genoeg fondse het om ons doelwitte te bereik. Hierdie fonds, wat ons beoog om met fondswerwing en skenkings te vestig, sal 'n kritiese rol speel in die voortgesette ondersteuning van ons inisiatiewe by Ons Plekke.
Dit sal ons in staat stel om ons dienste uit te brei, nuwe inisiatiewe te implementeer, en die nodige hulpbronne en fasiliteite beskikbaar te stel om ons kinders die beste moontlike kans te bied op 'n suksesvolle toekoms.
Met die ondersteuning van ons gemeenskap, borge, en ondersteuners weet ons dat ons 'n sterk fonds kan skep wat ons sal help om ons impak te vergroot en 'n positiewe verskil in die lewens van ons kinders te maak.
Ons gaan toegewyd voort met ons missie om die jeug te bemagtig en ondersteun, en ons sien uit daarna om 'n stabiele finansiële grondslag te bou wat dit volhoubaar sal maak.
Solidariteit Helpende Hand Ons Plek vier 'n dekade van toegewyde diens aan die gemeenskap terwyl ons ook 'n nuwe hoofstuk begin met die bekendstelling van die StapSaam-fonds. Hierdie fonds is ons antwoord op die dringende behoefte om ons kinders verder te bemagtig en te verseker dat almal die geleentheid kry om hul volle potensiaal te bereik. Ons vier ook ons 10de verjaarsdag met trots. Dit is 'n mylpaal wat ons inspireer om nog harder te werk en 'n nog groter impak te maak op die lewens van diegene wat ons dien. Met die StapSaam-fonds en ons dekade van diens as rugsteun kyk ons vol hoop na die toekoms terwyl ons voortgaan om 'n veilige, ondersteunende omgewing te skep vir al die kinders wie se lewens ons aanraak.
Solidariteit Helpende Hand se Ons Plekke is 'n toonbeeld van gemeenskapsbetrokkenheid en 'n baken van lig vir die kinders van ons land. Hierdie unieke inisiatief, wat streng voldoen aan spesifieke regulasies, plaas die klem op Afrikaanse onderrig van hoë gehalte in 'n veilige ruimte vir kinders uit alle agtergronde sodat hulle hul potensiaal volledig kan laat ontvou. Ons het 'n passie vir die bemagtiging van ons kinders terwyl ons ook die ryk kultuur en waardes van die Afrikaner-gemeenskap koester en versterk.
Wat is die Ons Plekke?
Solidariteit Helpende Hand Ons Plek is 'n opvoedkundige gemeenskapsprojek wat voldoen aan spesifieke regulasies. Die klem val op Afrikaanse onderrig van hoë gehalte en die versorging van kinders uit alle ekonomiese agtergronde ten einde hulle in staat te stel om hul maksimum potensiaal te bereik. Hierdie onderrig sluit in die dienste van 'n kleuterskool en naskoolsentrum in 'n veilige omgewing. Ons bied 'n atmosfeer van Christelike waardes vir kinders uit die Afrikaner-kultuurgemeenskap. Ons Plek is 'n gemeenskapsprojek waar gemeenskapslede bydra tot die volhoubaarheid van die diens en vir elke kind voorspoed help verseker.
Dienste wat Helpende Hand Ons Plek se kleuterskole aan kinders bied
Dienste wat Helpende Hand Ons Plek se naskoolsentrum aan kinders bied
SKOOLFOOIE
Eenmalige registrasiefooi | Maandelikse skoolfooi | Dagtarief vir besoekers | *Subsidies beskikbaar
Hoe kan ek help?
Stapsaamfonds donasie
Ons Plek Strand
Ons Plek Derdepoort
Bestuurder: Elize Bezuidenhout
E-posadres: [email protected]
Kontaknommer: 082 772 1821
_________________
Ons Plek Volksrust
Bestuurder: Eldrike Geldenhuys
E-posadres: [email protected]
Kontaknommer: 082 603 9248
_________________
Ons Plek Naboom
Bestuurder: Bernadine Steenkamp
E-posadres: [email protected]
Kontaknommer: 072 941 6760
_________________
Ons Plek Horison
Bestuurder: Laetitia Boerssen
E-posadres: [email protected]
Kontaknommer: 082 823 1044
_________________
Ons Plek Kempton Park
Ons Plek Suidkus
Bestuurder: Angelique Janse van Rensburg
E-posadres: [email protected]
Kontaknommer: 076 565 2976
_________________