SHH_OnsSentrum-01

Ons Sentrum

SHH_OnsSentrum-01

ONS SENTRUM

Die Ons Sentrum waar kindertrauma aangehoor en hanteer word, open amptelik in Januarie 2019 in Pretoria-Noord nadat 'n groot behoefte aan terapeutiese dienste vir kinders en hulle gesinne in dié gemeenskap geïdentifiseer is. Kyk by https://helpendehand.co.za/maatskaplike-werkers/ na foto's en 'n artikel oor die bekendstelling.

Die Ons Sentrum bied hoofsaaklik terapie aan kinders wat enige vorm van trauma beleef het, insluitend emosionele, fisiese en seksuele mishandeling, verwaarlosing, verwerping, afsterwe van 'n geliefde, egskeiding, aanhoudende konflik tussen ouers, gesinsgeweld, afknouery, gedragsuitdagings, en so meer. Ons glo dat ouers 'n vangnet vir hulle kinders moet wees, veral gedurende die terapeutiese proses, en daarom bied ons ouerleiding en ander ondersteuning aan hulle. Dit is vir ons van kardinale belang om te strewe na uitnemendheid en daarom werk ons as 'n span terapeute saam aan elke saak om sodoende ook objektiwiteit, professionaliteit en eties korrekte praktyke te verseker.

Ons lei ook elke jaar 'n paar interns op wat belangstel om daarin te spesialiseer om met getraumatiseerde kinders te werk. Die opleiding word verskaf in samewerking met Forensic Assessment Consultation and Training (FACT) onder dr. Louise Aucamp. Ons voel sterk daaroor om terapeute op te lei sodat hulle ná hulle jaar internskap terapeutiese dienste van hoogstaande gehalte in die gemeenskap kan lewer. Ons is vas daarvan oortuig dat indien 'n kind se trauma so vroeg as moontlik behandel word, dit in die toekoms misdaad, werkloosheid en ander maatskaplike probleme in ons gemeenskappe kan voorkom.

Dienste wat aangebied word:

  • Sosio-emosionele kinderassesserings

    Holistiese evaluering om te kyk na die kind se onderliggende emosies en behoeftes.

  • Interaksionele analise

    Evaluering waar ouer-kind-verhoudings waargeneem word, ten einde dié verhoudings te herstel.

  • Terapie

    Werk met die kind se trauma (gesinsgeweld, mishandeling, verwaarlosing, verlies, egskeiding, afknouery, ens.)

  • Ouerleiding

    Ouers word met vaardighede toegerus volgens die kind se ontwikkelingsfase, emosies, persoonlikheid en ander behoeftes, tesame met berading, waar nodig.

  • Ouer-kind-verhoudingsbousessies

    Aktiwiteite tussen ouer en kind word gedoen om dié belangrike verhouding te verbeter en te versterk.

  • Verwysings na ander professionele dienste

    Kinders word verwys na, onder andere spraak en/of arbeidsterapeute, opvoedkundige sielkundiges, oudioloë en neuro-ontwikkelingspeadiaters.

  • Tweedekansprogram

    Skole verwys kinders wat dissiplinêr verhoor is, waar die gesin dan moet inskakel vir terapie om die kind binne die skoolsisteem te hou.

  • Internskapprogram

    Gekwalifiseerde maatskaplike werkers word d.m.v. keuringsproses gekies om opleiding in kindertraumaterapie by FACT (Forensic Assessment Consultation Training) te ontvang en doen dan hul prakties by Ons Sentrum onder toesig van die hoof.

Hoe kan jy betrokke raak by die sentrum?

Die meeste van ons begunstigdes ontvang die diens gratis omdat dit ons hart is om gespesialiseerde dienste aan gesinne te lewer wat dit nie elders kan bekostig nie. Ons maak ons staat op donateurs en sal dit waardeer as jy die sentrum finansieel ondersteun. Ons kan 'n artikel 18A-belastingsertifkaat uitreik vir finansiële bydraes.

Ons maak ook staat op vrywilligers wat kan help om berading aan ouers te bied. Om daarmee te help, moet jy 'n gekwalifiseerde maatskaplike werker wees of ten minste 'n honneurs in sielkunde en relevante addisionele opleiding hê. Stuur asseblief jou CV na [email protected] as jy belangstel om ons op dié manier as vrywilliger by te staan. Neem asseblief in ag dat die Ons Sentrum met minderjarige kinders werk en dat polisieklaring dus 'n vereiste is. Dien dit saam met jou CV in.

Ons Sentrum se proses indien dienste benodig word

  • Ons bied terapie aan kinders wat deur enige vorm van trauma en emosionele uitdagings gaan.
  • Ons begin gewoonlik met 'n sosio-emosionele assessering, holistiese evaluering, om te kyk na die kind se onderliggende emosies en behoeftes. Dit neem 3-4 uur en ons doen dit oor drie sessies.
  • Ons voer onderhoude met die ouers, skool en wie ook al nog nodig is om ons te help om soveel as moontlik inligting te kry om die kind beter te verstaan.
  • Dan hou ons as professionele span by die terapiesentrum 'n paneelbespreking waarna ons 'n afspraak maak om verbale terugvoering aan die ouers te gee en om ons aanbevelings met die ouers te bespreek.
  • Ons aanbevelings kan terapie, ouerleiding of wat ook al ons voel in die kind se beste belang mag wees, insluit.
  • Daar is wel 'n klein koste aan ons dienste verbonde, maar daar is ook die opsie om aansoek te doen vir afslag of om die diens gratis te ontvang indien nodig.

Ontmoet ons personeel

Shannon Milne

Shannon Milne

Sentrumbestuurder
[email protected]

074 894 9987
Mareli Botha

Mareli Scholtz

Maatskaplike werker
Chantel_Gouws

Chantel Gouws

Maatskaplike werker – intern
Mishca_Heynemann

Mishca Heynemann

Sielkunde berader – intern

Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum

(opens in a new tab)
Page likes: 3,536

Ons Sentrum bied terapie aan kinders en hulle gesinne wat deur enige vorm van trauma gaan

🌸 Hallo Lente! 🌸’n Nuwe seisoen vol kleur, groei en nuwe moontlikhede. Mag hierdie lente vir elkeen ’n bietjie ekstra vreugde bring! 🌼Selfs ons eie terapiehond, Mila, het seker gemaak sy vier die nuwe seisoen in styl! 🐾🌸#HelpendeHand #onssentrum #Werksyn ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Kosse soos piesangs, kiwivrugte, hawermout, jogurt, melk, neute en sade bevat voedingstowwe wat die liggaam help om melatonien en serotonien af te skei.Beperk suiker en kafeïen laatmiddag en saans om beter te slaap. ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Ons Sentrum verskaf bekostigbare terapie vir getraumatiseerde kinders en kinders in negatiewe emosionele omstandighede.Bemagtig dié wat dit die nodigste het.onssentrums.co.za/ons-sentrum/#HelpendeHand #onssentrum #Werksyn ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Photos from Solidariteit Helpende Hand Ons Plek Nasionaal's post ...
View on Facebook (opens in a new tab)
🧡 ’n Terugflits na Kongres 2026! 🧡Plus Een – met Hart.Plus Een – in Krag.Plus Een – tot Hoop. Dit was die tema van die drie dae van die Solidariteit Helpende Hand Kongres 2026 – drie dae van saamkuier, leer, groei en vorentoe kyk na die toekoms.Een van die spesiale oomblikke vir ons was toe die Ons Plek en Sentrum die geleentheid gekry het om ’n toneelstuk op te voer vir die Helpende Hand personeel en vrywilligers. Deur die toneelstuk het ons probeer om ’n kykie te gee in die wêreld van Ons Plek om op ’n kreatiewe manier te wys wat ons doen, waarom ons dit doen en watter verskil ons Sentrums elke dag in kinders se lewens maak. Natuurlik kon ons nie ’n Ons Plek-toneelstuk hê sonder ’n baie spesiale viervoetige ster nie! 🐾Mila, ons geliefde terapiehond, het ook haar verskyning gemaak en sommer ’n ekstra bietjie liefde en oulikheid na die verhoog gebring.Ons is ongelooflik trots op elkeen wat deel was van die optrede en wat gehelp het om die verhaal van Ons Plek met soveel hart te vertel.Ons was ook baie opgewonde om ’n Ons Plek-stalletjie by die Kongres te hê! Waar ons Ons Plek-hoedjies en boekies verkoop het, met die fondse wat aangewend word om ons kinders te ondersteun.Want wanneer ons Plus Een is, wanneer ons saamstaan, saamwerk en elkeen sy deel bring, kan ons soveel meer bereik. 🙌Ons gaan voort om met hart te dien, in krag te staan en tot hoop te bou. Dankie aan elke personeellid, vrywilliger en ondersteuner wat deel was van hierdie besondere Kongres. Dankie dat julle saam met ons glo in die potensiaal van elke kind. Ons Plek en Sentrum - waar ’n helpende hand vandag ’n beter môre help bou. 🧡#OnsPlek #onssentrum #HelpendeHand #kongres2026 #Werksyn ...
View on Facebook (opens in a new tab)
'n Konsekwente slaaproetine help kinders om veilig, rustig en gereed vir slaap te voel.Eenvoudige gewoontes stuur die sein na die brein dat dit tyd is om af te skakel.As dit elke aand herhaal word, bevorder dit slaap én emosionele welstand. ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Skep weer moed. Skep weer hoop. Die Ons Sentrum se terapeutiese dienste kan ons hulle wêreld verbeter. onssentrums.co.za/ons-sentrum/#HelpendeHand #onssentrum #Werksyn ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Ons Sentrum help kinders om emosioneel te herstel en hulle hoop te gee vir die toekoms.Jou bydrae maak 'n verskil:onssentrums.co.za/ons-sentr#HelpendeHande#onssentrumn#Werksynrksyn ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Maak 'n direkte impak op ons kinders se lewens. Raak hier betrokke: onssentrums.co.za/ons-sentr#HelpendeHande#onssentrumn#Werksynrksyn ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Skermtyd is nie net goed of sleg nie – dit gaan oor balans.Fokus op inhoud van goeie kwaliteit, tydsbestuur en gesonde gewoontes.Wees 'n rolmodel: Kinders doen wat ons doen, nie wat ons sê nie. ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Ons glo dat elke kind verdien om gehoor, verstaan en gehelp te word.By Ons Sentrum Terapie Sentrum in Pretoria-Noord stap ons daagliks 'n pad van hoop saam met kinders wat trauma beleef het. Benewens terapeutiese ondersteuning bied ons ook spelterapie, ouerverrykingsgroepe, opleiding en vakansieprogramme aan.Ons wil graag ons multidissiplinêre span uitbrei en is op soek na professionele vrywilligers wat hul kennis en gawes wil deel. Ons nooi veral:• Arbeidsterapeute• Spraakterapeute• Sielkundiges• Regskenners• En ander relevante professionele personeAs jy 'n passie het om 'n verskil in kinders se lewens te maak, nooi ons jou om deel van ons span te word.Kontak Shannin Milne by [email protected] vir meer inligting.Saam kan ons hoop herstel, trauma aanspreek en 'n blywende verskil in kinders se lewens maak. ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Ons Sentrum verskaf bekostigbare sosio-emosionele assesserings en terapeutiese dienste vir getraumatiseerde kinders en kinders in negatiewe emosionele omstandighede. Jou bydrae sal 'n verskil maak:onssentrums.co.za/ons-sent#HelpendeHande#onssentrumn#Werksynrksyn ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Die brein is steeds besig om te ontwikkel; dit maak balans belangrik.Die kwaliteit en konteks van skermgebruik maak 'n groot verskil.Kombineer skermtyd met beweging, geselskap en kreatiewe spel. ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Solidariteit Helpende Hand se handelsmerk weerspieël wie ons is en wat ons doen met trots.Beskerm saam ons handelsmerk.Alles wat jy moet weet. Só lyk ons handelsmerk.#HelpendeHand ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Deur skermtyd te monitor, kry jy insig in jou kinders se gewoontes.Dit help om gesonde perke te stel en betekenisvolle gesprekke te hê.Die doelwit is nie om skerms te verbied nie, maar om dit bewustelik te gebruik. ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Ouderdomsgeskikte riglyne help kinders om gesond te ontwikkel.Te veel skermtyd kan slaappatrone, konsentrasie en gedrag beïnvloed.Gebruik riglyne as 'n beginpunt, maar neem jou kind se unieke behoeftes in ag. ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Een van die lekkerste dele van ons werk is om tyd saam met ons kinders deur te bring!Vandag het die span van Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum by Ons Plek Naboomspruit gaan kuier. Wat 'n voorreg om saam met sulke oulike kinders, toegewyde personeel en wonderlike vrywilligers te wees!Ons terapiespan – Shannon, Mischa en Mareli – het die kinders op 'n prettige en interaktiewe manier geleer oor emosies en wat om te doen wanneer "Kwaaimeraai" in jou lyf kom sit. Dit was goed voorbereide sessies vol waardevolle lewenslesse vir klein én groot.Baie dankie aan Berni, Jo-Anne, Lineze, tannie Lizette en die hele span van Ons Plek Naboomspruit vir julle hartlike ontvangs. Dit is altyd 'n vreugde om by julle te kuier. ...
View on Facebook (opens in a new tab)

2 months ago

Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum
Maak 'n direkte impak op ons kinders se lewens. Raak hier betrokke: onssentrums.co.za/ons-sentr#HelpendeHande#onssentrumn#Werksynrksyn ...
View on Facebook (opens in a new tab)

2 months ago

Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum
Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum's cover photo ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Elke glimlag vertel 'n storie. Elke klein tree vorentoe is 'n oorwinning.By Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum is ons meer as net 'n terapiesentrum – ons is 'n span wat met passie, liefde en hoop dien. Ons toegewyde personeel stap elke dag die ekstra myl om kinders te help ontwikkel, ouers te ondersteun en gesinne moed te gee.Aan ons kinders – dankie dat julle ons elke dag inspireer met julle deursettingsvermoë. Aan ons ouers – dankie vir julle vertroue en samewerking. Aan ons gemeenskap – dankie dat julle saam met ons 'n verskil maak.Wanneer 'n gemeenskap hande vat, gebeur wonderwerke.Raak ook deel van ons verhaal. Of dit nou deur ondersteuning, betrokkenheid, gebed of 'n bydrae is – saam kan ons nóg meer kinders help om hul volle potensiaal te bereik.Kyk gerus saam na die dienste wat ons lewer by Ons Sentrum.Ondersteun die Ons Sentrum hier: helpendehand.co.za/donasie-aan-ons-plekke-en-sentrums/donasie/ ...
View on Facebook (opens in a new tab)