SHH_OnsSentrum-01

Ons Sentrum

SHH_OnsSentrum-01

ONS SENTRUM

Die Ons Sentrum waar kindertrauma aangehoor en hanteer word, open amptelik in Januarie 2019 in Pretoria-Noord nadat 'n groot behoefte aan terapeutiese dienste vir kinders en hulle gesinne in dié gemeenskap geïdentifiseer is. Kyk by https://helpendehand.co.za/maatskaplike-werkers/ na foto's en 'n artikel oor die bekendstelling.

Die Ons Sentrum bied hoofsaaklik terapie aan kinders wat enige vorm van trauma beleef het, insluitend emosionele, fisiese en seksuele mishandeling, verwaarlosing, verwerping, afsterwe van 'n geliefde, egskeiding, aanhoudende konflik tussen ouers, gesinsgeweld, afknouery, gedragsuitdagings, en so meer. Ons glo dat ouers 'n vangnet vir hulle kinders moet wees, veral gedurende die terapeutiese proses, en daarom bied ons ouerleiding en ander ondersteuning aan hulle. Dit is vir ons van kardinale belang om te strewe na uitnemendheid en daarom werk ons as 'n span terapeute saam aan elke saak om sodoende ook objektiwiteit, professionaliteit en eties korrekte praktyke te verseker.

Ons lei ook elke jaar 'n paar interns op wat belangstel om daarin te spesialiseer om met getraumatiseerde kinders te werk. Die opleiding word verskaf in samewerking met Forensic Assessment Consultation and Training (FACT) onder dr. Louise Aucamp. Ons voel sterk daaroor om terapeute op te lei sodat hulle ná hulle jaar internskap terapeutiese dienste van hoogstaande gehalte in die gemeenskap kan lewer. Ons is vas daarvan oortuig dat indien 'n kind se trauma so vroeg as moontlik behandel word, dit in die toekoms misdaad, werkloosheid en ander maatskaplike probleme in ons gemeenskappe kan voorkom.

Dienste wat aangebied word:

  • Sosio-emosionele kinderassesserings

    Holistiese evaluering om te kyk na die kind se onderliggende emosies en behoeftes.

  • Interaksionele analise

    Evaluering waar ouer-kind-verhoudings waargeneem word, ten einde dié verhoudings te herstel.

  • Terapie

    Werk met die kind se trauma (gesinsgeweld, mishandeling, verwaarlosing, verlies, egskeiding, afknouery, ens.)

  • Ouerleiding

    Ouers word met vaardighede toegerus volgens die kind se ontwikkelingsfase, emosies, persoonlikheid en ander behoeftes, tesame met berading, waar nodig.

  • Ouer-kind-verhoudingsbousessies

    Aktiwiteite tussen ouer en kind word gedoen om dié belangrike verhouding te verbeter en te versterk.

  • Verwysings na ander professionele dienste

    Kinders word verwys na, onder andere spraak en/of arbeidsterapeute, opvoedkundige sielkundiges, oudioloë en neuro-ontwikkelingspeadiaters.

  • Tweedekansprogram

    Skole verwys kinders wat dissiplinêr verhoor is, waar die gesin dan moet inskakel vir terapie om die kind binne die skoolsisteem te hou.

  • Internskapprogram

    Gekwalifiseerde maatskaplike werkers word d.m.v.  keuringsproses gekies om opleiding in kindertraumaterapie by FACT (Forensic Assessment Consultation Training) te ontvang en doen dan hul prakties by Ons Sentrum onder toesig van die hoof.

Hoe kan jy betrokke raak by die sentrum?

Die meeste van ons begunstigdes ontvang die diens gratis omdat dit ons hart is om gespesialiseerde dienste aan gesinne te lewer wat dit nie elders kan bekostig nie. Ons maak ons staat op donateurs en sal dit waardeer as jy die sentrum finansieel ondersteun. Ons kan 'n artikel 18A-belastingsertifkaat uitreik vir finansiële bydraes.

Ons maak ook staat op vrywilligers wat kan help om berading aan ouers te bied. Om daarmee te help, moet jy 'n gekwalifiseerde maatskaplike werker wees of ten minste 'n honneurs in sielkunde en relevante addisionele opleiding hê. Stuur asseblief jou CV na [email protected] as jy belangstel om ons op dié manier as vrywilliger by te staan. Neem asseblief in ag dat die Ons Sentrum met minderjarige kinders werk en dat polisieklaring dus 'n vereiste is. Dien dit saam met jou CV in.

Ons Sentrum se proses indien dienste benodig word

  • Ons bied terapie aan kinders wat deur enige vorm van trauma en emosionele uitdagings gaan.
  • Ons begin gewoonlik met 'n sosio-emosionele assessering, holistiese evaluering, om te kyk na die kind se onderliggende emosies en behoeftes. Dit neem 3-4 uur en ons doen dit oor drie sessies.
  • Ons voer onderhoude met die ouers, skool en wie ook al nog nodig is om ons te help om soveel as moontlik inligting te kry om die kind beter te verstaan.
  • Dan hou ons as professionele span by die terapiesentrum 'n paneelbespreking waarna ons 'n afspraak maak om verbale terugvoering aan die ouers te gee en om ons aanbevelings met die ouers te bespreek.
  • Ons aanbevelings kan terapie, ouerleiding of wat ook al ons voel in die kind se beste belang mag wees, insluit.
  • Daar is wel 'n klein koste aan ons dienste verbonde, maar daar is ook die opsie om aansoek te doen vir afslag of om die diens gratis te ontvang indien nodig.

Ontmoet ons personeel

Shannon Milne

Shannon Milne

Sentrumbestuurder
[email protected]

074 894 9987
Mareli Botha

Mareli Botha

Maatskaplike werker
Deomoné_van_Zyl_1

Deomoné van Zyl

Maatskaplike werker – intern
Isabella_Visser_1

Isabella Visser

Sielkunde berader – intern
Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum

Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum

1,587

Ons Sentrum bied terapie aan kinders en hulle gesinne wat deur enige vorm van trauma gaan

Verbitterde kinders raak uiteindelik moedeloos. 'n Moedelose kind het minder hoop, is minder entoesiasties, het 'n gebrek aan vasberadenheid en word maklik om die bos gelei. Deur jou kind se hoop te vernietig, ondermyn jy hulle Godgegewe geaardheid. Kinders word met optimisme, inspirasie, afwagting en moontlikhede gebore. Sonder hoop, is daar niks wat hulle inspireer nie. Hopeloosheid bring depressie en donkerte van hart en siel mee.Bring jy die hoop weer terug vir hulle! Laat hulle weer glo in hulself! ... See MoreSee Less
View on Facebook
Motiveer hulle, glo in hulle, gee erkenning en wys waardering. Beklemtoon hulle goeie punte en die skadukante sal sal vanself verdwyn. Verhef jou kind bo hul omstandighede en hulle sal arendsvlerke kry om mee te vlieg. Soos ń mens glo, so is jy. ... See MoreSee Less
View on Facebook
*31 Mei 2025* Ons vier kindersbeskermingsweek deur 'n pretstap te reël in soveel as moontlik van die gemeenskappe waarin ons werk! Beplan, reël, doen en neem aktief deel!Fondse wat hieruit gegenereer word sal aangewend word vir die StapSaamFonds om te help dra aan ons maats wat nie hul Helpende Hand skoolfooie kan bekostig nie.Ons het werklikwaar elkeen, Sentrumkomiteelede, Streekorganiseerders, maatskaplike werkers Sentrumbestuurders, ouers, taklede en gemeenskapslede se inkoop nodig en maak staat op jou!!Ons sien uit om te sien wat die 31ste Mei in elke dorp, spesifiek waar ń Ons Plek geleë is, gaan gebeur! 🏃🏼‍♀️‍➡️🏃🏻‍➡️🏃🏻‍♂️‍➡️🏃🏼‍♀️‍➡️ ... See MoreSee Less
View on Facebook
Soms sien ons net die optrede — die woede, die trane, die stilte. Maar weet ons van die klippie in sy skoen wat hom laat mank loop? Weet ons van haar stryd wat sy stil-stil dra? Sal jy een dag in sy skoene kan staan?Hy gee jou nie ’n moeilike tyd nie – hy gaan self deur een.Mag ons leer om met oë van begrip te kyk, eerder as oordeel. Mag ons luister met ’n hart wat vra: "Wat het jy nodig?" eerder as "Wat’s fout met jou?"By Solidariteit Helpende Hand – Ons Plek en Sentrum weet ons - elke kind, elke mens, dra ’n storie. Kom ons wees sagter met mekaar, meer teenwoordig en minder haastig om te oordeel. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Dissipline in ’n moderne samelewing – Hoe nou gemaak in my klaskamer?Nolene Rust en Suzette Oosthuizen het saam met die CVO Skool Pretoria gekuier – ’n voorreg om te gesels oor roeping, passie en die ongelooflike verskil wat elke onderwyser kan maak.Ons het praktiese riglyne gedeel oor hoe dissipline aangepas kan word vir verskillende ouderdomsgroepe – soos om eerder positiewe gedrag te beloon as om net straf toe te pas. ’n Beloningskaartjie vir goeie samewerking in die laerskool kan wonderwerke verrig vir klaskamerbestuur!Ons bemoedig en bemagtig onderwysers om elke dag met hoop, liefde en ferm riglyne hul klasse aan te pak.Baie dankie, CVO Skool Pretoria, vir julle uitsonderlike toewyding en die warm ontvangs. Wat ’n voorreg om saam met julle te groei! Julle is besig om lewens aan te raak – hou aan om ligdraers te wees.Sterkte met die tweede kwartaal. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Gesinsdag – ‘n viering van saamwees!By Solidariteit Helpende Hand glo ons dat die gesin die hoeksteen van ‘n gesonde gemeenskap is. Dis in die gesin waar liefde, waardes en ondersteuning gebore word – en waar ons leer om vir mekaar om te gee.In ‘n wêreld vol uitdagings, wat soms vinnig en dol draai, is dit die veilige hawe van ‘n gesin wat hoop bring. Vandag sê ons dankie vir elke geselsie om die tafel, elke drukkie voor slaaptyd, elke stukkie raad, elke skaterlag oomblik.Mag ons nooit die waarde van saamwees onderskat nie. Vier vandag jou mense – met ‘n oproep, ‘n drukkie of net stil dankbaarheid.Vier vandag jou mense – jou wortels en jou hart.Gelukkige Gesinsdag van almal by Solidariteit Helpende Hand!#Gesinsdag #HelpendeHand #saamisonssterker #familie ... See MoreSee Less
View on Facebook
Waardes is belangrik, dit maak besluitneming maklik, dit lei tot aanvaarding van wie jy is, dit rig jou verhouding met ander en is die hart van ń kultuur en die kern van jou geloof! Leer jou kind goeie waardes! Leer hulle van respek, eerlikheid, vriendelikheid, lojaliteit, geregtigheid en liefde.#HelpendeHand ... See MoreSee Less
View on Facebook
By Helpende Hand Ons Sentrum lê ons kinders se welstand, ons na aan die hart. Ons is daarom baie opgewonde om Nolene Rust as eksterne supervisor by ons terapiespan te verwelkom!Nolene is ‘n bekende kundige spelterapeut in privaatpraktyk en beskik oor ‘n Meestersgraad in spelterapie sowel as in Forensiese maatskaplike werk. Haar ervaring en passie vir kinderwelstand maak haar ‘n waardevolle aanwins vir ons span.Ons sien uit na die insig, ondersteuning en gehalte wat sy tot ons dienslewering gaan bydra – alles tot voordeel van die kinders, hul ouers en die gemeenskap wat ons dien.Welkom, Nolene! Jou betrokkenheid versterk ons strewe na uitnemendheid.#onssentrum #HelpendeHand #spelterapie #kinderwelstand #spanwerk #uitnemendheid ... See MoreSee Less
View on Facebook
Voortdurende professionele ontwikkeling vir ’n sterker impak!Suzette Oosthuizen en Shannon Milne het onlangs ’n aanlyn opleiding oor bestuur en supervisie bygewoon, aangebied deur Dr Estie Groenewald. Een van die kernboodskappe uit die sessie was die belangrikheid van professionele outonomiteit – om onafhanklik te werk, maar steeds verantwoordbaar en spanbesluitneming te handhaaf.Soos die College of Social Work UK dit stel:“Professionele outonomie gaan daaroor om onafhanklik te werk, maar tog dikwels besluite saam met ’n span te neem. Dit gaan oor die neem van verantwoordelikheid vir assessering en optrede, terwyl mens steeds deursigtigheid teenoor kollegas, kliënte, die organisasie en die professie aanvaar.”By Solidariteit Helpende Hand glo ons dat voortdurende opleiding nie net ’n vereiste is nie, maar ’n verantwoordelikheid. Dit stel ons personeel in staat om op hoogte te bly van die nuutste wetgewing, beleid en tendense – en sodoende die beste moontlike diens aan ons gemeenskappe te lewer.#HelpendeHand #Opleiding #Spanontwikkeling #BestuurEnSupervisie ... See MoreSee Less
View on Facebook
Laat jou kinders weet dat hulle vir 'n spesiale doel gebore is en dat God dit aan hulle sal openbaar soos hulle saam met Hom stap. Groepsdruk sou minder effektief gewees het as ons kinders geleer is om aan hulle eie waardes vas te hou en hulle eie opinies te respekteer. Moet egter nie net jou kinders leer nie, vra ook hulle opinies - en respekteer hulle. Die huis is waar kinders leer om uit te druk hoe hulle voel en as jy die regte fondament gelê het, het jy niks om oor bekommerd te wees nie. Jy moet hulle eenvoudig lei om die regte opinies te vorm. As jy dit nie doen nie, sal hulle nie leer om vir hulleself te dink of die lewe met selfvertroue aan te pak nie. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Vandag is Wêreld Outismedag – ’n dag om bewustheid te skep, begrip te bevorder en die unieke sterkpunte van mense met outisme te vier. Kom ons staan saam vir inklusiwiteit, aanvaarding en gelyke geleenthede vir almal. Deel liefde, lig en kennis, hoop en aanvaarding.#HelpendeHand #OnsSentrum #OutismeBewusmaking ... See MoreSee Less
View on Facebook
Ons is trots op die dienste wat Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum bied. Daagliks word kinders se trauma aangehoor en aangespreek deur ons 4 bekwame maatskaplike werk en sielkunde personeel. Ouerverrykings programme word aangebied en gesinne word begelei na ń pad van hoop.Terapie vir kinders wat trauma ervaar het, bied noodsaaklike emosionele toerusting om hul ervarings te verwerk en gesonde hanteringsvaardighede te ontwikkel. Dit skep 'n veilige en ondersteunende omgewing waar hulle hul gevoelens kan uitdruk en verstaan. Deur 'n toekomsgerigte benadering help terapie kinders om selfvertroue te herwin, veerkragtigheid te bou en met hoop vorentoe te kyk. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Kinders met respek word grootmense met karakter.Dis ons verantwoordelikheid om vir ons kinders waardes te leer—respek vir hulself, ander en hul omgewing. ’n Handdruk, oogkontak, goeie maniere… Soms is dit die klein dingetjies wat die groot verskil maak.Dit bly ons verantwoordelikheid om hulle help om met integriteit groot te word! ... See MoreSee Less
View on Facebook
Ons is verantwoordelik vir saambou aan die toekoms, vir die skep van geleenthede, die ontwikkeling van leierskap en die daarstel van gesonde opvoeding en ń waardestelsel wat begin by elke kind. Jou woorde dra by tot sy selfvertroue en ń land se vooruitgang. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Kom gesels saam met ons. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Liewe Maatskaplike werkerOm 'n maatskaplike werker te wees, is om die skaduwees van die lewe in die oë te kyk en steeds vir ander 'n lig te wees.Dit is om hande uit te reik na dié wat val, om hoop te bring in die donkerste oomblikke, en om liefde te versprei waar dit die nodigste is.Jy is die stilte wat luister, die krag wat ondersteun, die glimlag wat genesing bring. Elke dag dra jy ander se emosies en maak die wêreld 'n bietjie beter, een daad van deernis op 'n slag.Jou werk is 'n roeping, nie net 'n beroep nie, en die impak wat jy maak, sal in die harte van mense voortleef. Dankie dat jy diegene wat desperaat is nooit verlaat nie, en dat jy die mensdom help om hulle veerkragtigheid en drome te herontdek.Dankie vir jou gehoorsaamheid om jou roeping uit te leef. Liewe Maatskaplike werker, ons sien jou raak.🤍 ... See MoreSee Less
View on Facebook
Vandag vier ons maatskaplike werkers dag! Dankie aan ons maatskaplike werkers by Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum dat julle elke dag ń hand uitsteek na elke kind wat trauma ervaar, dat julle hoor om te luister en dat julle trauma aanspreek en beter maak. Ons waardeer julle.Liewe Vader,Vandag bring ons met nederige harte diegene na U wat geroep is om met kinders te werk wat deur trauma geraak is. U ken die gewig wat hierdie werkers dra, die stories wat hul harte breek, en die moeë dae waarop hul eie krag nie genoeg voel nie.Here, omvou hulle met U liefde en versterk hulle met U genade. Gee hulle wysheid om elke kind met insig en begrip te lei. Skink aan hulle geduld, sagmoedigheid en moed, sodat hulle hoop kan bring waar daar wanhoop is.Bewaar hulle teen uitbranding, Here, en herinner hulle daagliks dat hulle nie alleen hierdie pad stap nie. Gee hulle die vreugde om U genesende hand in hul werk te sien, en die vrede om te weet dat U die wonde van hierdie kinders raak op maniere wat hulself nooit ten volle sal verstaan nie.Seën hul hande, hul woorde en hul harte. Mag hul werk 'n getuienis wees van U liefde en U lig in 'n wêreld wat dit so broodnodig het.Amen. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Met n passie in jou hart, met n visie om lewens aan te raak, met drome oor n beter more en geloof dat dit moontlik is...dit is jy! Dankie aan elke Maatskaplike werker vir jou hart en jou vermoë om verder te kan sien as die uitdaging hier voor jou!❤#maatskaplikewerk#HelpendeHand ... See MoreSee Less
View on Facebook
Liewe Yolandi,Dit is met soveel waardering en opregte dankbaarheid en trots dat ons totsiens vir jou moet sê...Jy het nie net as terapie maatskaplike werker en Sentrumbestuurder van Helpende Hand Ons Sentrum, ‘n verskil gemaak nie, maar as ‘n ware baken van hoop en genesing gedien. Deur jou omgee, empatie, leiding en volgehoue toewyding het jy kinders en gesinne gehelp om hul trauma te verwerk en ‘n nuwe begin te maak. Jou invloed sal lank nog voelbaar wees in die harte van dié wat jy geraak het. Ons is dankbaar vir jou harde werk, jou onbaatsugtige diens en die lig wat jy by die Ons Sentrum gebring het.Mag jy dieselfde liefde en vervulling vind as wat jy soveel ander gegee het.Binnekort begin jy jou nuwe hoofstuk in die Wes-Kaap, en bid ons dat die Here jou sal seën en beskerm op jou pad vorentoe. Mag Hy jou lei en versterk soos wat jy voortgaan om ‘n verskil te maak. Soos in Numeri 6:24-26 staan: "Die Here sal jou seën en jou beskerm; die Here sal tot jou redding verskyn en jou genadig wees; die Here sal jou gebede verhoor en aan jou vrede gee." Mag jy en Jaco met vreugde, moed en geloof hierdie nuwe reis aanpak. Mooi loop, Yollie, ons gaan jou vreeslik mis... ... See MoreSee Less
View on Facebook
Trauma is nie net die ingrypende ervarings soos moord, verkragting en geweld nie. Dit is enige gebeurtenis wat ons ontstel, ons diep raak en wat ons nie ten volle verwerk nie—veral wanneer ons nie veilig, beskerm of gehoor voel nie. Mense se veerkragtigheid (aanpasbaarheid) verskil, so wat vir een persoon traumaties is, is dalk nie vir 'n ander nie.Onthou elke kind is verskillend en reageer anders op trauma.Dit is ook trauma:Gereeld op geskreeu wordOuers wat net op hoë prestasies fokusTereggewys word vir fouteVerneder wordGereeld alleen gelaat wordDie een wees wat vir jou broers en susters sorg (of selfs jou ouers moet versorg)Op ’n jong ouderdom werkOuers wat skeiGereeld na ander huise/stede moet trekOuers wat jou altyd laat optelOuers wat jou met ander vergelykOuers wat jou emosies afmaak as niksOns het almal traumatiese ervarings in ons kinderjare. Dit word trauma wanneer ons nie iemand het om ons te verdedig, te ondersteun of te beskerm teen hierdie herhalende ervarings nie. ... See MoreSee Less
View on Facebook