logosVolksrust

Ons Plek Volksrust

logosVolksrust

ONS PLEK VOLKSRUST

Ons Plek Volksrust is in 2018 met vier graad R-kinders begin as 'n takprojek van Solidariteit Helpende Hand. Dit het begin as die Ons Kleuterskool en is toe amptelik in 2020 verander na 'n Ons Plek.

Die graad 1-onderwysers en hoof het 'n behoefte geïdentifiseer aan 'n bekostigbare kleuterskool wat toeganklik sou wees vir alle graad R-leerders in die gemeenskap. Die kleuterskool het jaarliks gegroei en meer ouderdomsgroepe is bygevoeg. In 2021 is met 'n naskooldiens begin.

Ons personeel streef daarna om elke kind gemaklik, geliefd en aanvaar te laat voel. Ons fokus op skolastiese ontwikkeling maar maak ook tyd vir lekker speel. Tydens vakansies doen ons ook altyd heerlike vakansieprogramme wat bestaan uit lekker speletjies en groot pret.

Ons Plek Volksrust is 'n saamkomplek vir die Afrikaanse kultuurgemeenskap wat omsien na die emosionele, geestelike en kulturele welstand van ons mense. Ons kleuters volg 'n kurrikulum wat in samewerking met die Noordwes-Universiteit ontwikkel is om skoolgereedheid te verseker.  Ons naskoolleerders se prestasies verbeter merkwaardig met die huiswerkondersteuningsgroepe en Wolkskool-inskakeling. Ons lewer 'n uitnemende diens en glo in die ontwikkeling van elke kind se potensiaal.

 

Bestuurder: Eldrike Geldenhuys, arbeidsterapeut

082 603 9248

[email protected]

[email protected]

 

Speldligging/Pin location:    32 Schoon straat (-27.365549787305177, 29.877343483452417) Dis reg langs Laerskool Pionier.

Skooltye:              Maandae tot Donderdae – 07:00 tot 16:00

                             Vrydae - 07:00 tot 13:00

 

 

Ontmoet ons personeel

Eldrike Geldenhuys

Eldrike Geldenhuys

Sentrumbestuurder
[email protected]

082 603 9248
Meanet Rothman

Meanet Rothman

Gekwalifiseerde grondslagfase-onderwyseres
060 580 7331
Carla Joubert

Carla Joubert

Besig met graad R-diploma
066 200 7596
Laurissa Hammond

Laurissa Hammond

Besig met onderwysgraad in intermediêre fase
061 582 1492
Chrismari_Bester2

Chrismari Bester

Babaklasonderwyser
073 905 9528

Nuus vanuit ons streek

Pamflet-01
Pamflet-02

Artikels

Kultuurkleuterskole se plek in n vinnig ontwikkelende wêreld!

My kind moet kan droom in Afrikaans, Saterdae aande kan saam braai met regte hout en Sondae langs my op die kerkbank sit, hy moet kaalvoet kan rondhardloop, FAK liedjies kan sing by die skool, trots wees op die Voortrekkers en bekend wees met volksverhale wat vertel word in klaskamers en kuiers saam met vriende. …

Lees meer...

Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie

Dankie aan elke donateur, ondersteuner en vriend van Ons Plek! ❤️ ... See MoreSee Less
View on Facebook
Die toekoms lê in ons kinders se hande. Die verantwoordelikheid begin egter by ons – vandag. Die antwoord lê in gemeenskapskrag!Skenk vandag aan Ons Plekke en Sentrum: helpendehand.co.za/sentrums/#HelpendeHand #OnsPlek #OnsSentrum #Welstand ... See MoreSee Less
View on Facebook
𝗩𝗔𝗧 𝗛𝗔𝗡𝗗𝗘Ineffable Digital Designs™ bou bande deur hierdie jaar weer hande met Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging te vat. Solidariteit Helpende Hand Ons Plek Kleuterskool en Naskoolsentrum bied 'n Afrikaanse kultuurtuiste vir elke kind. Ons Plek is ‘n gemeenskapsprojek waar gemeenskapslede tot die volhoubaarheid van hierdie diens kan bydra en voorspoed vir elke kind kan help verseker. Ons Plek glo dat elke kind die reg het tot onderrig, opvoeding en ontwikkeling en indien sy ouers vir ń rukkie nie instaat is om hierdie pad saam te kan stap nie, die gemeenskap dan sal saam stap. 𝗝𝗢𝗨 𝗣𝗔𝗗 𝗜𝗦 𝗢𝗢𝗣Deur: Hilde KrugerSal saam ons 'n pad stap, hand aan hand, tree vir tree op die lewenspad. Met die liefde as 'n kompas, en die skoene wat ons aanpas, sal ons spore los wat wys dat ons ook daar was. Saam sal ons 'n pad stap, hand aan hand.Selfs al lyk die pad onbekend en wyd, moet ons aanhou vorentoe kyk.En al staar ons vas in die uitdagings wat soos berge lyk, sal ons in die geloof bly klim, omdat God ons lei. Saam sal ons 'n pad stap, hand aan hand.In plaas van een tree agtertoe, gee ons twee treë vorentoe. Want dis wie ons is: Die dapper stappers wat spore los.Ons loop weg van die kwaad wat ons vrede kos. Saam sal ons 'n pad stap, hand aan hand.Ons reis is meer as net die paaie, en dis meer as net stof en gras.Dis die mense wat daar wastoe die lewe onnodig moeilik was.Saam sal ons 'n pad stap, hand aan hand, met hart, in krag, tot hoop.Byt vas!Jou pad is oop. Geniet jou Dinsdag!©Ineffable Digital Designs 2025 ... See MoreSee Less
View on Facebook
Gelukkige Vadersdag!Gelukkige Vadersdag!Vandag vier ons en sê dankie vir die spesiale manne wat God in ons lewens geplaas het – vaders wat lei met geloof, dien met nederigheid en wysheid en in opregtheid liefhet.Jou voorbeeld van standvastigheid, jou opoffering, en jou gebede beteken meer as wat woorde kan sê. Jy is ’n seën vir jou gesin, ’n pilaar van krag en ’n weerspieëling van ons Hemelse Vader se liefde.Mag God jou vandag en elke dag ryklik seën, jou hart vul met vrede en vreugde, en jou hande versterk vir die pad vorentoe.“Die regverdige wandel in sy opregtheid; gelukkig is sy kinders ná hom.” – Spreuke 20:7 ... See MoreSee Less
View on Facebook
Ons is so trots op hierdie pragtige inkleurboek!!! ... See MoreSee Less
View on Facebook
Dit maak nie saak hoe 'kinders lyk, waar hulle vandaan kom of wat hulle glo nie. Elke kind is belangrik. Die StapSaam-fonds sal ons in staat stel om ons dienste uit te brei, nuwe inisiatiewe te implementeer, en die nodige hulpbronne en fasiliteite beskikbaar te stel om ons kinders die beste moontlike kans te bied op 'n suksesvolle toekoms.Klik hier om by te dra tot ons kinders se toekoms: onssentrums.co.za/stapsaamfonds/#HelpendeHand #Kinderbeskermingsweek #OnsPlek #StapSaamFonds ... See MoreSee Less
View on Facebook
Kinderbeskermingsweek ... See MoreSee Less
View on Facebook
Wat 'n fees om pantoffels skool toe te kan dra! Pantoffeldag 30 Mei #welstandstand ... See MoreSee Less
View on Facebook
Moenie hierdie mis nie! Belangrike inligting vir enige persoon wat met kinders werk of self kinders het. Kennis is mag! #Volksrust #welstand ... See MoreSee Less
View on Facebook

1 month ago

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust
Kinderbeskermingsweek 2025! Vandag kon ons saam met soveel ander stap vir 'n groter doel! Dankie aan elkeen wat vanoggend in die koue saam kom stap h#Volksrusts#welstandstand ... See MoreSee Less
View on Facebook

2 months ago

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust
Gelukkige Moedersdag! Daar is geen groter vertroosting as jou moederskoot, jou moedertaal en jou moederhart! Dankie aan elke moeder wat daagliks hulle bes gee. Ons sien julle en ons waardeer julle! #welstand Solidariteit Helpende Hand Ons Plek Nasionaal ... See MoreSee Less
View on Facebook
Afrikaans: 100 Jaar van Hart en Erfenis!Afrikaans is vandag 100 jaar oud – ’n mylpaal wat ons met trots vier! Hierdie taal is meer as net woorde op papier; dis ons hartstaal, die taal waarin ons bid, leer, droom en ons self kan wees.CJ Langenhoven het gesê: “Afrikaans het gekom om te bly.” Ons behoort aan Afrikaans, maar meer nog – Afrikaans behoort aan ons. Dis die taal van ons voorouers, van herinneringe om die kombuistafel, van stories en liedere wat van geslag tot geslag oorvertel word.“’n Volk wat sy taal prysgee, gee sy vryheid prys.” - Paul KrugerOns sien dit as ons roeping en voorreg om Afrikaans te leer, leef en oordra aan ons kinders – sodat hulle ook met dié ryk skat kan grootword. Die appel val nie ver van die boom af nie, en ons wil sorg dat die vrugte van ons taal en kultuur steeds in die toekoms sal blom. So gee ons die aflosstokkie met liefde aan die volgende geslagte, en ons sal die vlam aan die brand hou – sodat Afrikaans nog lank sal bly leef in harte, huise en gemeenskappe. “’n Volk wat nie sy kinders in sy eie taal leer nie, is besig om homself af te skryf.”— JD Kestell ... See MoreSee Less
View on Facebook
Hierdie! Hierdie is Ons Plek taal! TrotsBy Solidariteit Helpende Hand Ons Plek Kleuterskool en Naskoolsentrum glo ons dat taal nie net kommunikasie is nie, maar ’n sleutel tot wie ons is.Taal help kinders om hul wêreld te verstaan, hul kultuur te beleef, waardes aan te leer en karakter te vorm.Dit gee hulle ’n gevoel van behoort en versterk die band met hul gemeenskap. In ons Christelike omgewing, waar liefde, uitnemendheid en hoop sentraal staan, gebruik ons taal om elke kind te help groei met selfvertroue, geloof en trots in hul identiteit.Taal verbind ons, vorm ons, en bou aan ’n vry, veilige, en voorspoedige toekoms!Kom praat ons Taal!#afrikaans100#onsplek#helpendehand ... See MoreSee Less
View on Facebook
Photos from Solidariteit Helpende Hand Ons Plek Nasionaal's post ... See MoreSee Less
View on Facebook

2 months ago

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust
Baie dankie ACSU VOLKSRUST ! Ons hartlike dank aan elke gemeenskapslid wat 'n kaartjie gekoop het vir die gelukkige trekking. Baie dankie ook aan ACSU vir hierdie fondsinsameling inisiatief ten bateSolidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrustsrust .Dankie dat julle deel vorm van ons gemeenskap se WELSTA#welstandst#Volksrustsrust ... See MoreSee Less
View on Facebook

3 months ago

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust
23 April 2025 Internasionale Boekedag !Dankie aan elke juffrou wat soos 'n storieboek aangetrek het en elke maatjie wat hulle gunsteling boek skool toe gebring het. Dit is belangrik om van jongs af 'n liefde vir lees te kweek in k#Volksrust#V#welstand#Welstand ... See MoreSee Less
View on Facebook