logosVolksrust

Ons Plek Volksrust

logosVolksrust

ONS PLEK VOLKSRUST

Ons Plek Volksrust is in 2018 met vier graad R-kinders begin as 'n takprojek van Solidariteit Helpende Hand. Dit het begin as die Ons Kleuterskool en is toe amptelik in 2020 verander na 'n Ons Plek.

Die graad 1-onderwysers en hoof het 'n behoefte geïdentifiseer aan 'n bekostigbare kleuterskool wat toeganklik sou wees vir alle graad R-leerders in die gemeenskap. Die kleuterskool het jaarliks gegroei en meer ouderdomsgroepe is bygevoeg. In 2021 is met 'n naskooldiens begin.

Ons personeel streef daarna om elke kind gemaklik, geliefd en aanvaar te laat voel. Ons fokus op skolastiese ontwikkeling maar maak ook tyd vir lekker speel. Tydens vakansies doen ons ook altyd heerlike vakansieprogramme wat bestaan uit lekker speletjies en groot pret.

Ons Plek Volksrust is 'n saamkomplek vir die Afrikaanse kultuurgemeenskap wat omsien na die emosionele, geestelike en kulturele welstand van ons mense. Ons kleuters volg 'n kurrikulum wat in samewerking met die Noordwes-Universiteit ontwikkel is om skoolgereedheid te verseker.  Ons naskoolleerders se prestasies verbeter merkwaardig met die huiswerkondersteuningsgroepe en Wolkskool-inskakeling. Ons lewer 'n uitnemende diens en glo in die ontwikkeling van elke kind se potensiaal.

 

Bestuurder: Eldrike Geldenhuys, arbeidsterapeut

082 603 9248

[email protected]

[email protected]

 

Speldligging/Pin location:    32 Schoon straat (-27.365549787305177, 29.877343483452417) Dis reg langs Laerskool Pionier.

Skooltye:              Maandae tot Donderdae – 07:00 tot 16:00

                             Vrydae - 07:00 tot 13:00

 

 

Ontmoet ons personeel

Eldrike Geldenhuys

Eldrike Geldenhuys

Sentrumbestuurder
[email protected]

082 603 9248
Carla Joubert

Carla Joubert

Besig met graad R-diploma
066 200 7596
Theresa_Joubert

Theresa Joubert

Junior onderwyser
061 300 5106
Chrismari_Bester2

Chrismari Bester

Babaklasonderwyser
073 905 9528

Nuus vanuit ons streek

Pamflet-01
Pamflet-02

Artikels

Kultuurkleuterskole se plek in n vinnig ontwikkelende wêreld!

My kind moet kan droom in Afrikaans, Saterdae aande kan saam braai met regte hout en Sondae langs my op die kerkbank sit, hy moet kaalvoet kan rondhardloop, FAK liedjies kan sing by die skool, trots wees op die Voortrekkers en bekend wees met volksverhale wat vertel word in klaskamers en kuiers saam met vriende. …

2 weeks ago

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust
Ons Plek Personeel geniet lekker Bokke dag!! ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Ouderdomsgeskikte riglyne help kinders om gesond te ontwikkel.Te veel skermtyd kan slaappatrone, konsentrasie en gedrag beïnvloed.Gebruik riglyne as 'n beginpunt, maar neem jou kind se unieke behoeftes in ag. ...
View on Facebook (opens in a new tab)

2 months ago

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust
Dankie Retha Steenkamp vir die waardevolle personeel opleiding wat jy vir ons kom aanbied het. Ons span is reg vir kwartaal 3! ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Soms moet ons stop en net sommer die oomblik geniet. Ons Plek personeel het 'n heerlike Meksikaanse oggend geniet waar daar gelag, gesels en beplan is vir kwartaal 3. Ons Plek personeel is gereed vir al ons maats in Kwartaal 3 ! ...
View on Facebook (opens in a new tab)
My PappaMy pappa is my held so groot,Hy gee vir my 'n warm skoot.Hy hou my hand en wys die pad,By hom voel ek altyd bly en glad.Hy speel en lag en gee my tyd,Sy liefde maak my hartjie wyd.Pappa, ek is lief vir jou,Vir altyd sal ek jou vertrou. ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Sip & Sing Mamma Mia Vroueaand!Ons Plek het vir die eerste keer in Volksrust 'n heerlike karaoke vroueaand aangebied. Die dames het mooi aangetrek, heerlik saam gekuier en uit volle bors gesing. Dankie vir elke dame wat die aand ondersteun het. Volgende jaar maak ons weer so. 'n Spesiale dankie aan Majuba Guest Lodge Volksrust vir die ongelooflike venue en flink diens! ...
View on Facebook (opens in a new tab)

3 months ago

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust
30 Mei 2026!Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust het weer ons jaarlikse gholfdag gehou by Volksrust Golf club. Dit was 'n dag vol pret en lekker spel. Baie dankie aan elke speler en borg wat deel gevorm het van die dag! Ons waardeer dit opreg! Volgende jaar maak ons weer so ...
View on Facebook (opens in a new tab)

4 months ago

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust
Moenie uitmis nie!!! Kom sing saam, lag en maak herinneringe saam jou vriendinne!! Die kaartjies verkoop vinnig uit! Moenie Twee keer dink nie! Koop vandag nog jou kaartjie! ...
View on Facebook (opens in a new tab)

4 months ago

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust
Wat 'n lekker weeSolidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrustsrust !Dankie taSuzette Oosthuizenuizen en Joanice Schutte vir die lekker kuier! Ons het lekker ouerleidng gehad, kerk toe gegaan, gespeel en huiswerk gedoen! Dis pret om 'n Ons Plek kind tSolidariteit Helpende Hand Ons Plek Nasionaal Nasionaal ...
View on Facebook (opens in a new tab)

4 months ago

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust
💗Moedersdag 💗Gelukkige moedersdag aan elke Ons Plek mamma! Ons waardeer julle en is baie lief vir julle. ...
View on Facebook (opens in a new tab)

4 months ago

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust
Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust's cover photo ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Solidariteit Helpende Hand simbool is meer as net ń handelsmerk, dit is ons identiteit.Elke keer wanneer ons na hierdie handelsmerk kyk, word ons herinner aan ons roeping om hande te vat en hoop te bring. Die hand simboliseer diensbaarheid.Die diamant staan vir integriteit en standvastigheid.Die sirkels vir eenheid en beskerming.Dit is nie net ’n simbool nie — dit is ’n belofte dat ons met liefde, respek en toewyding sal dien waar ons geplaas is.Meer as ’n handelsmerk — ’n roeping. Meer as ’n simbool — ’n belofte van diensbaarheid, hoop en samehorigheid. ...
View on Facebook (opens in a new tab)

5 months ago

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust
Ouma en Oupa is baie spesiaal,Hulle maak ons lag, elke dag, elke maal.Met drukkies en grappies – dis sommer ’n plesier,Ons is baie lief vir julle, dis regtig waar hier! Dankie aan elke ouma en oupa wat deel was van ouma en oupa dag by Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust ! ...
View on Facebook (opens in a new tab)

6 months ago

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust
Ons Plek sê dankie! Dankie Maruné Burger dat jy ons maatskaplike werker is! Dankie vir die ekstra my wat jy loop vir elke Ons Plek maatjie! Ons waardeer jou! ...
View on Facebook (opens in a new tab)

6 months ago

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust
Mooiste Valentynsdag fotos! By Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust is ons kinders gelukkig en word hulle elke dag omvou met liefde en omgee! ...
View on Facebook (opens in a new tab)

7 months ago

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust
Atletiekdag 2026!Hierdie jaar se Atletiekdag by Ons Plek was weer groot pret. Al ons maats het hulle harte uitgehardloop en hulle heel beste gedoen! Dankie vir elkeen se deel in die sukses van die dag. Volgende jaar maak ons weer so! ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Hier leer ons speel speel! Dankie aan elke juffrou, kok, skoonmaker en vrywilliger wat deel is van Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust ...
View on Facebook (opens in a new tab)

7 months ago

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust
Ons Plek Volksrust is op soek na ’n passievolle Kleuterskool- en Naskoolonderwyser om deel te word van hulle span! 🌈As jy ’n hart vir kinders het en glo in opvoeding binne ’n veilige, liefdevolle omgewing, wil ons graag van jou hoor. Help ons om saam aan ’n voorspoedige toekoms vir Afrikaanse kinders te bou.Deel gerus hierdie plasing — dalk ken jy iemand perfek vir dié rol! 💙helpendehand.co.za/ons-plek-volksrust-kleuterskool-en-naskoolonderwyser/poste/ ...
View on Facebook (opens in a new tab)

7 months ago

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust
Hier by Ons Plek werk ons nie net nie. Ons speel net so lekker! #welsyn#Werksyn ...
View on Facebook (opens in a new tab)

7 months ago

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Volksrust
#2026 Eerste pretloop vir die jaar agter die rug.Dankie vir elkeen wat kom deelneem het! Moenie volgende keer uitmis nie! #Volksrust ...
View on Facebook (opens in a new tab)