Ons Plek Suidkus_Wit-01

Ons Plek Suidkus

Ons Plek Suidkus_Wit-01

ONS PLEK SUIDKUS

Ons Plek Suidkus (voorheen bekend as Pikkie Kleuterskool), was voorheen onder bestuur van Suid-Natal Primêre Skool. Weens 'n tekort aan fondse en tyd is Solidariteit Helpende Hand genader om die kleuterskool oor te neem. Die laerskool wou nie toekyk hoe die kleuterskool ten gronde gaan nie en het geweet dat Solidariteit Helpende Hand dit na nuwe hoogtes sou neem.

Solidariteit Helpende Hand het die kleuterskool gedurende September 2021 oorgeneem en het amptelik op 10 November 2021 geopen.

Afrikaans is die enigste onderrigtaal en die leerplan word gebou op 'n fondasie van Christelike en morele waardes. Ons taal en geloof is ons trots.

Solidariteit Helpende Hand het dit goedgedink om 'n amptelike kurrikulum by die skool te vestig en het hande gevat met die grondslagfase-departement van die Fakulteit Opvoedkunde aan die Noordwes-Universiteit.

Die skool bied die volgende vir kinders van 3 maande tot 5 jaar:

  • Gekwalifiseerde onderwysers
  • Bekostigbare skoolfooie
  • Warm, voedsame middagetes
  • Stimulerende ontwikkelingsprogramme
  • Skoolkomitee wat bestaan uit lede wat op organisasies in die gemeenskap dien en wat die skool se belange op die hart dra
  • 'n Naskooldiens vir graad R-leerders

Die kleuterskool waar kleuters leer om te speel en speel om te leer!

Ontmoet ons personeel

Angelique JV Rensburg

Angelique Janse van Rensburg

Sentrumbestuurder
[email protected]

064 830 9687 / 076 565 2976
IMG_1199

Monica Dykes

Onderwyseres
IMG_1185

Monique Pretorius

Onderwyseres
IMG_1212

Sarelda Lombard

Onderwyseres
IMG_1182

Christa Hoffmann

Onderwyseres
Nadine_Milne

Nadine Milne

Nasorg-onderwyseres
Ronelle Breytenbach

Ronelle Breytenbach

Administratiewe Beampte
Thandekile Cele

Thandekile Cele

Algemene assistent
Nqobile Ngesi

Nqobile Ngezi

Algemene assistent
Zimbili Mgesi

Zimbili Mgesi

Algemene assistent
Lulu Khwela

Lulu Khwela

Algemene assistent

Artikels

Kultuurkleuterskole se plek in n vinnig ontwikkelende wêreld!

My kind moet kan droom in Afrikaans, Saterdae aande kan saam braai met regte hout en Sondae langs my op die kerkbank sit, hy moet kaalvoet kan rondhardloop, FAK liedjies kan sing by die skool, trots wees op die Voortrekkers en bekend wees met volksverhale wat vertel word in klaskamers en kuiers saam met vriende. …

Lees meer...

Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie

Skenk by jou naaste Ons Winkel

Untitled-1
Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum

Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum

1,352

Ons Sentrum bied terapie aan kinders en hulle gesinne wat deur enige vorm van trauma gaan

Waardes is belangrik, dit maak besluitneming maklik, dit lei tot aanvaarding van wie jy is, dit rig jou verhouding met ander en is die hart van ń kultuur en die kern van jou geloof! Leer jou kind goeie waardes! Leer hulle van respek, eerlikheid, vriendelikheid, lojaliteit, geregtigheid en liefde.#HelpendeHand ... See MoreSee Less
View on Facebook
By Helpende Hand Ons Sentrum lê ons kinders se welstand, ons na aan die hart. Ons is daarom baie opgewonde om Nolene Rust as eksterne supervisor by ons terapiespan te verwelkom!Nolene is ‘n bekende kundige spelterapeut in privaatpraktyk en beskik oor ‘n Meestersgraad in spelterapie sowel as in Forensiese maatskaplike werk. Haar ervaring en passie vir kinderwelstand maak haar ‘n waardevolle aanwins vir ons span.Ons sien uit na die insig, ondersteuning en gehalte wat sy tot ons dienslewering gaan bydra – alles tot voordeel van die kinders, hul ouers en die gemeenskap wat ons dien.Welkom, Nolene! Jou betrokkenheid versterk ons strewe na uitnemendheid.#onssentrum #HelpendeHand #spelterapie #kinderwelstand #spanwerk #uitnemendheid ... See MoreSee Less
View on Facebook
Voortdurende professionele ontwikkeling vir ’n sterker impak!Suzette Oosthuizen en Shannon Milne het onlangs ’n aanlyn opleiding oor bestuur en supervisie bygewoon, aangebied deur Dr Estie Groenewald. Een van die kernboodskappe uit die sessie was die belangrikheid van professionele outonomiteit – om onafhanklik te werk, maar steeds verantwoordbaar en spanbesluitneming te handhaaf.Soos die College of Social Work UK dit stel:“Professionele outonomie gaan daaroor om onafhanklik te werk, maar tog dikwels besluite saam met ’n span te neem. Dit gaan oor die neem van verantwoordelikheid vir assessering en optrede, terwyl mens steeds deursigtigheid teenoor kollegas, kliënte, die organisasie en die professie aanvaar.”By Solidariteit Helpende Hand glo ons dat voortdurende opleiding nie net ’n vereiste is nie, maar ’n verantwoordelikheid. Dit stel ons personeel in staat om op hoogte te bly van die nuutste wetgewing, beleid en tendense – en sodoende die beste moontlike diens aan ons gemeenskappe te lewer.#HelpendeHand #Opleiding #Spanontwikkeling #BestuurEnSupervisie ... See MoreSee Less
View on Facebook
Laat jou kinders weet dat hulle vir 'n spesiale doel gebore is en dat God dit aan hulle sal openbaar soos hulle saam met Hom stap. Groepsdruk sou minder effektief gewees het as ons kinders geleer is om aan hulle eie waardes vas te hou en hulle eie opinies te respekteer. Moet egter nie net jou kinders leer nie, vra ook hulle opinies - en respekteer hulle. Die huis is waar kinders leer om uit te druk hoe hulle voel en as jy die regte fondament gelê het, het jy niks om oor bekommerd te wees nie. Jy moet hulle eenvoudig lei om die regte opinies te vorm. As jy dit nie doen nie, sal hulle nie leer om vir hulleself te dink of die lewe met selfvertroue aan te pak nie. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Vandag is Wêreld Outismedag – ’n dag om bewustheid te skep, begrip te bevorder en die unieke sterkpunte van mense met outisme te vier. Kom ons staan saam vir inklusiwiteit, aanvaarding en gelyke geleenthede vir almal. Deel liefde, lig en kennis, hoop en aanvaarding.#HelpendeHand #OnsSentrum #OutismeBewusmaking ... See MoreSee Less
View on Facebook
Ons is trots op die dienste wat Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum bied. Daagliks word kinders se trauma aangehoor en aangespreek deur ons 4 bekwame maatskaplike werk en sielkunde personeel. Ouerverrykings programme word aangebied en gesinne word begelei na ń pad van hoop.Terapie vir kinders wat trauma ervaar het, bied noodsaaklike emosionele toerusting om hul ervarings te verwerk en gesonde hanteringsvaardighede te ontwikkel. Dit skep 'n veilige en ondersteunende omgewing waar hulle hul gevoelens kan uitdruk en verstaan. Deur 'n toekomsgerigte benadering help terapie kinders om selfvertroue te herwin, veerkragtigheid te bou en met hoop vorentoe te kyk. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Kinders met respek word grootmense met karakter.Dis ons verantwoordelikheid om vir ons kinders waardes te leer—respek vir hulself, ander en hul omgewing. ’n Handdruk, oogkontak, goeie maniere… Soms is dit die klein dingetjies wat die groot verskil maak.Dit bly ons verantwoordelikheid om hulle help om met integriteit groot te word! ... See MoreSee Less
View on Facebook
Ons is verantwoordelik vir saambou aan die toekoms, vir die skep van geleenthede, die ontwikkeling van leierskap en die daarstel van gesonde opvoeding en ń waardestelsel wat begin by elke kind. Jou woorde dra by tot sy selfvertroue en ń land se vooruitgang. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Kom gesels saam met ons. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Liewe Maatskaplike werkerOm 'n maatskaplike werker te wees, is om die skaduwees van die lewe in die oë te kyk en steeds vir ander 'n lig te wees.Dit is om hande uit te reik na dié wat val, om hoop te bring in die donkerste oomblikke, en om liefde te versprei waar dit die nodigste is.Jy is die stilte wat luister, die krag wat ondersteun, die glimlag wat genesing bring. Elke dag dra jy ander se emosies en maak die wêreld 'n bietjie beter, een daad van deernis op 'n slag.Jou werk is 'n roeping, nie net 'n beroep nie, en die impak wat jy maak, sal in die harte van mense voortleef. Dankie dat jy diegene wat desperaat is nooit verlaat nie, en dat jy die mensdom help om hulle veerkragtigheid en drome te herontdek.Dankie vir jou gehoorsaamheid om jou roeping uit te leef. Liewe Maatskaplike werker, ons sien jou raak.🤍 ... See MoreSee Less
View on Facebook
Vandag vier ons maatskaplike werkers dag! Dankie aan ons maatskaplike werkers by Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum dat julle elke dag ń hand uitsteek na elke kind wat trauma ervaar, dat julle hoor om te luister en dat julle trauma aanspreek en beter maak. Ons waardeer julle.Liewe Vader,Vandag bring ons met nederige harte diegene na U wat geroep is om met kinders te werk wat deur trauma geraak is. U ken die gewig wat hierdie werkers dra, die stories wat hul harte breek, en die moeë dae waarop hul eie krag nie genoeg voel nie.Here, omvou hulle met U liefde en versterk hulle met U genade. Gee hulle wysheid om elke kind met insig en begrip te lei. Skink aan hulle geduld, sagmoedigheid en moed, sodat hulle hoop kan bring waar daar wanhoop is.Bewaar hulle teen uitbranding, Here, en herinner hulle daagliks dat hulle nie alleen hierdie pad stap nie. Gee hulle die vreugde om U genesende hand in hul werk te sien, en die vrede om te weet dat U die wonde van hierdie kinders raak op maniere wat hulself nooit ten volle sal verstaan nie.Seën hul hande, hul woorde en hul harte. Mag hul werk 'n getuienis wees van U liefde en U lig in 'n wêreld wat dit so broodnodig het.Amen. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Met n passie in jou hart, met n visie om lewens aan te raak, met drome oor n beter more en geloof dat dit moontlik is...dit is jy! Dankie aan elke Maatskaplike werker vir jou hart en jou vermoë om verder te kan sien as die uitdaging hier voor jou!❤#maatskaplikewerk#HelpendeHand ... See MoreSee Less
View on Facebook
Liewe Yolandi,Dit is met soveel waardering en opregte dankbaarheid en trots dat ons totsiens vir jou moet sê...Jy het nie net as terapie maatskaplike werker en Sentrumbestuurder van Helpende Hand Ons Sentrum, ‘n verskil gemaak nie, maar as ‘n ware baken van hoop en genesing gedien. Deur jou omgee, empatie, leiding en volgehoue toewyding het jy kinders en gesinne gehelp om hul trauma te verwerk en ‘n nuwe begin te maak. Jou invloed sal lank nog voelbaar wees in die harte van dié wat jy geraak het. Ons is dankbaar vir jou harde werk, jou onbaatsugtige diens en die lig wat jy by die Ons Sentrum gebring het.Mag jy dieselfde liefde en vervulling vind as wat jy soveel ander gegee het.Binnekort begin jy jou nuwe hoofstuk in die Wes-Kaap, en bid ons dat die Here jou sal seën en beskerm op jou pad vorentoe. Mag Hy jou lei en versterk soos wat jy voortgaan om ‘n verskil te maak. Soos in Numeri 6:24-26 staan: "Die Here sal jou seën en jou beskerm; die Here sal tot jou redding verskyn en jou genadig wees; die Here sal jou gebede verhoor en aan jou vrede gee." Mag jy en Jaco met vreugde, moed en geloof hierdie nuwe reis aanpak. Mooi loop, Yollie, ons gaan jou vreeslik mis... ... See MoreSee Less
View on Facebook
Trauma is nie net die ingrypende ervarings soos moord, verkragting en geweld nie. Dit is enige gebeurtenis wat ons ontstel, ons diep raak en wat ons nie ten volle verwerk nie—veral wanneer ons nie veilig, beskerm of gehoor voel nie. Mense se veerkragtigheid (aanpasbaarheid) verskil, so wat vir een persoon traumaties is, is dalk nie vir 'n ander nie.Onthou elke kind is verskillend en reageer anders op trauma.Dit is ook trauma:Gereeld op geskreeu wordOuers wat net op hoë prestasies fokusTereggewys word vir fouteVerneder wordGereeld alleen gelaat wordDie een wees wat vir jou broers en susters sorg (of selfs jou ouers moet versorg)Op ’n jong ouderdom werkOuers wat skeiGereeld na ander huise/stede moet trekOuers wat jou altyd laat optelOuers wat jou met ander vergelykOuers wat jou emosies afmaak as niksOns het almal traumatiese ervarings in ons kinderjare. Dit word trauma wanneer ons nie iemand het om ons te verdedig, te ondersteun of te beskerm teen hierdie herhalende ervarings nie. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Ons rede vir ouerskap is om te lei, op te voed, te onderrig, lief te hê en om gesag uit te oefen. Doen dit op so ń wyse dat jou kind jou hart hoor in plaas van jou stemtoon. Wanneer jy glo dat more se sukses van vandag se optrede afhang, sal jy vandag anders sien. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Die groter Solidariteit Beweging is daarop ingestel om ń gunstige ondersteunende omgewing te skep waarbinne elke kind kan floreer.Verskillende instellings fokus op verskillende areas soos Afriforum se teen boelie veldtog, die Skoleondersteunungsentrum SOS, wat direk die skoolomgewing aanspreek, Solidariteit wat fokus op die onderwyspersoneel en vele meer.By Solidariteit Helpende Hand staan kinders en gesinne as deel van ons gemeenskappe in die kern van dienslewering. Ons Streke en takke met behulp van ons Streekorganiseerders, maatskaplike werkers, jeugkoordineerders en vrywilligers bied ń verskeidenheid van projekte aan in elke gemeenskap. Ons het ook Helpende Hand Nasionale projekte soos Kosblikkie, Tassie, Bemagtig-ń-Kind, Plantself, Help Hetta en vele meer. By die Helpende Hand Ons Plek bied ons ook ń uitnemende kleuterskool en naskooldiens en Ons Terapie sentrum verleen terapeutiese dienste aan kinders wat deur trauma geraak is. Ons lewer ń holistiese diens en is ook opgewonde oor ons ouerverrykingsprogramme.Weet verseker jy het ń vennoot in die Solidariteit Beweging wanneer dit gaan oor die beste belang van elke kind.Besoek gerus Helpende Hand se webtuiste om meer te leer. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Ons gemeenskap is ons bestaansrede. Ons kinders is ons toekoms. Wanneer ons handevat is ons sterker.Ons wil welstand deur werksyn verseker in en deur ons gemeenskap#HelpendeHand #welstand ... See MoreSee Less
View on Facebook
Sy bestemming was die KRUIS. Sy doel was LIEFDE. Sy rede was JY! Mag jul Kersdag gevul wees met vrede, vreugde en baie liefde! Kersgroete uit ons hart na julle s'n en wense vir ń nuwe jaar vol seën binne die Here se wil vir elkeen.Helpende Hand Groete ... See MoreSee Less
View on Facebook
Die afgelope jaar kon die personeel van Helpende Hand Ons Sentrum kindertrauma aanhoor en ook hierdie trauma aanspreek. Ons is dankbaar vir die geleentheid om in kinders se lewens weer hoop te kon skep.Die week vier ons ‘n #weekvandankbaarheid en kyk terug na wat ons die jaar bereik het met die hulp van ons donateurs, vrywilligers, personeel en elkeen van julle. Ons terapie Sentrum open sy deur in Januarie 2019 nadat ʼn behoefte identifiseer is aan kinders vanuit getraumatiseerde omstandighede wat nie terapeutiese dienste kon bekostig nie. Die terapeutiese dienste word deur ons goed opgeleide en gekwalifiseerde terapeutiese maatskaplike werkers gelewer. Die jaar het die Ons Sentrum 854 kinders gehelp met terapeutiese sessies.Hierdie noodsaaklike diens word moontlik gemaak deur ondersteuners en donasies vanuit ons gemeenskap. Dankie aan elkeen wat bygedra het die jaar en ‘n verskil in ons kinders se lewens gemaak. Om meer te leer oor Ons Sentrum klik hier: helpendehand.co.za/sentrums/ #HelpendeHand #Dankbaar #OnsPlek #WaardesWatWerk #OnsSentrum ... See MoreSee Less
View on Facebook
Ons is opreg dankbaar. ... See MoreSee Less
View on Facebook