logosStrand

Ons Plek Strand

logosStrand

ONS PLEK STRAND

Ons Plek Strand is in 2014 gestig.
Ons Plek Strand is 'n opvoedkundige gemeenskapsprojek en voldoen aan spesifieke regulasies.
Die fokus is op gehalte-onderrig in Afrikaans en 'n Christelike atmosfeer en waardes.
Kinders word in 'n veilige omgewing van maaltye voorsien, opgevoed en gestimuleer, en neem aan vakansieprogramme deel.
Kleuters se ontwikkeling word met 'n uitkomsgebaseerde kurrikulum by ons kleuterskool gestimuleer.
Ons bied ondersteuning met huiswerk en take, aanlyn Wolkskool-programme en die aanleer van vaardighede by ons naskoolsentrum.

 

Skoolure:

Voorskool: 07:30-12:30
Naskool: Maandag tot Donderdag 12:30-17:00
Vrydag 07:30-15:30

 

Vervoer word verskaf indien nodig.

Belangstellendes kan op die volgende maniere betrokke raak:

  • Finansiële hulp met lopende uitgawes vir die sentrum
  • Finansiële hulp met borgskappe vir leerders wie se ouers nie die volle skoolfonds kan betaal nie
  • Ondersteuning met kundigheid vir vaardighede wat ons vir die kinders wil leer
  • Vrywillige dienste aan die sentrum

 

Ons kan reël vir maandelikse aftrekorders aan die sentrum indien borge dit so sou verkies.

Ons kan 'n artikel 18A-sertifikaat vir belastingdoeleindes uitreik.

 

Bankbesonderhede

Bank: FNB
Rekeningnaam: Ons Plekke en Sentrum Helpende Hand NPC
Takkode: 252445
Rekeningtipe: Enterprise Business Account
Rekeningnommer: 6300 355 1488
Verwysing: Jou naam en van

 

Ontmoet ons personeel

Trix_Foto

Trix Dyason

Sentrumbestuurder

[email protected]

Thora_Louwrens

Thora Louwrens

Onderwyser

Marisa_Truter_Foto

Marisa Truter

Huiswerkonderwyser

Mariska_Du_Plessis_Foto

Mariska du Plessis

Kok

Betsie_Foto

Betsy van Niekerk

Busbestuurder

Nuus vanuit ons streek

Artikels

Kultuurkleuterskole se plek in n vinnig ontwikkelende wêreld!

My kind moet kan droom in Afrikaans, Saterdae aande kan saam braai met regte hout en Sondae langs my op die kerkbank sit, hy moet kaalvoet kan rondhardloop, FAK liedjies kan sing by die skool, trots wees op die Voortrekkers en bekend wees met volksverhale wat vertel word in klaskamers en kuiers saam met vriende. …

Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie

Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum

Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum

3,146

Ons Sentrum bied terapie aan kinders en hulle gesinne wat deur enige vorm van trauma gaan

Skermtyd is nie net goed of sleg nie – dit gaan oor balans.Fokus op inhoud van goeie kwaliteit, tydsbestuur en gesonde gewoontes.Wees 'n rolmodel: Kinders doen wat ons doen, nie wat ons sê nie. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Ons glo dat elke kind verdien om gehoor, verstaan en gehelp te word.By Ons Sentrum Terapie Sentrum in Pretoria-Noord stap ons daagliks 'n pad van hoop saam met kinders wat trauma beleef het. Benewens terapeutiese ondersteuning bied ons ook spelterapie, ouerverrykingsgroepe, opleiding en vakansieprogramme aan.Ons wil graag ons multidissiplinêre span uitbrei en is op soek na professionele vrywilligers wat hul kennis en gawes wil deel. Ons nooi veral:• Arbeidsterapeute• Spraakterapeute• Sielkundiges• Regskenners• En ander relevante professionele personeAs jy 'n passie het om 'n verskil in kinders se lewens te maak, nooi ons jou om deel van ons span te word.Kontak Shannin Milne by [email protected] vir meer inligting.Saam kan ons hoop herstel, trauma aanspreek en 'n blywende verskil in kinders se lewens maak. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Ons Sentrum verskaf bekostigbare sosio-emosionele assesserings en terapeutiese dienste vir getraumatiseerde kinders en kinders in negatiewe emosionele omstandighede. Jou bydrae sal 'n verskil maak:onssentrums.co.za/ons-sent#HelpendeHande#onssentrumn#Werksynrksyn ... See MoreSee Less
View on Facebook
Die brein is steeds besig om te ontwikkel; dit maak balans belangrik.Die kwaliteit en konteks van skermgebruik maak 'n groot verskil.Kombineer skermtyd met beweging, geselskap en kreatiewe spel. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Solidariteit Helpende Hand se handelsmerk weerspieël wie ons is en wat ons doen met trots.Beskerm saam ons handelsmerk.Alles wat jy moet weet. Só lyk ons handelsmerk.#HelpendeHand ... See MoreSee Less
View on Facebook
Deur skermtyd te monitor, kry jy insig in jou kinders se gewoontes.Dit help om gesonde perke te stel en betekenisvolle gesprekke te hê.Die doelwit is nie om skerms te verbied nie, maar om dit bewustelik te gebruik. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Ouderdomsgeskikte riglyne help kinders om gesond te ontwikkel.Te veel skermtyd kan slaappatrone, konsentrasie en gedrag beïnvloed.Gebruik riglyne as 'n beginpunt, maar neem jou kind se unieke behoeftes in ag. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Een van die lekkerste dele van ons werk is om tyd saam met ons kinders deur te bring!Vandag het die span van Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum by Ons Plek Naboomspruit gaan kuier. Wat 'n voorreg om saam met sulke oulike kinders, toegewyde personeel en wonderlike vrywilligers te wees!Ons terapiespan – Shannon, Mischa en Mareli – het die kinders op 'n prettige en interaktiewe manier geleer oor emosies en wat om te doen wanneer "Kwaaimeraai" in jou lyf kom sit. Dit was goed voorbereide sessies vol waardevolle lewenslesse vir klein én groot.Baie dankie aan Berni, Jo-Anne, Lineze, tannie Lizette en die hele span van Ons Plek Naboomspruit vir julle hartlike ontvangs. Dit is altyd 'n vreugde om by julle te kuier. ... See MoreSee Less
View on Facebook

4 weeks ago

Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum
Maak 'n direkte impak op ons kinders se lewens. Raak hier betrokke: onssentrums.co.za/ons-sentr#HelpendeHande#onssentrumn#Werksynrksyn ... See MoreSee Less
View on Facebook

4 weeks ago

Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum
Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum's cover photo ... See MoreSee Less
View on Facebook
Elke glimlag vertel 'n storie. Elke klein tree vorentoe is 'n oorwinning.By Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum is ons meer as net 'n terapiesentrum – ons is 'n span wat met passie, liefde en hoop dien. Ons toegewyde personeel stap elke dag die ekstra myl om kinders te help ontwikkel, ouers te ondersteun en gesinne moed te gee.Aan ons kinders – dankie dat julle ons elke dag inspireer met julle deursettingsvermoë. Aan ons ouers – dankie vir julle vertroue en samewerking. Aan ons gemeenskap – dankie dat julle saam met ons 'n verskil maak.Wanneer 'n gemeenskap hande vat, gebeur wonderwerke.Raak ook deel van ons verhaal. Of dit nou deur ondersteuning, betrokkenheid, gebed of 'n bydrae is – saam kan ons nóg meer kinders help om hul volle potensiaal te bereik.Kyk gerus saam na die dienste wat ons lewer by Ons Sentrum.Ondersteun die Ons Sentrum hier: helpendehand.co.za/donasie-aan-ons-plekke-en-sentrums/donasie/ ... See MoreSee Less
View on Facebook
Ons wil ons opregte waardering uitspreek teenoor Heinrich Hurter van Yeet Marketing vir sy en die bemarkingspan se hulp, ondersteuning en toewyding met die bemarkingsvideo en bemarkingsmateriaal van Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum se waardevolle terapeutiese dienste wat ons aan kinders en gesinne bied.Dankie dat julle saam met ons glo in die verskil wat vroeë ondersteuning en terapie in mense se lewens maak. Julle kundigheid en bereidwilligheid om ons visie uit te dra, beteken vir ons baie.Ons waardeer julle opreg.Baie dankie, Yeet Marketing! ... See MoreSee Less
View on Facebook
Ons Sentrum verskaf bekostigbare sosio-emosionele assesserings en terapeutiese dienste vir getraumatiseerde kinders en kinders in negatiewe emosionele omstandighede. Jou bydrae sal 'n verskil maak:onssentrums.co.za/ons-sentr#HelpendeHande#onssentrumn#Werksynrksyn ... See MoreSee Less
View on Facebook
Wie is verantwoordelik vir kinderbeskerming?Kinderbeskerming is almal se verantwoordelikheid. Ouers, families, skole, kerke, gemeenskappe en die regering moet saamwerk om kinders veilig te hou.Kinders het volwassenes nodig wat luister, omgee en optree wanneer hulle hulp nodig het. Deur veilige ruimtes te skep en kinders met respek te behandel, help ons om geweld teen kinders te voorkom. ... See MoreSee Less
View on Facebook

1 month ago

Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum
Die toekoms lê in ons kinders se hande. Die verantwoordelikheid begin egter by ons – vandag. Die antwoord lê in gemeenskapskrag!Skenk vandag aan Ons Plekke en Sentrum: www.ondersteunons.co.za #HelpendeHand #OnsPlek #onssentrum #Werksyn ... See MoreSee Less
View on Facebook
Ons Sentrum verskaf daagliks terapeutiese dienste aan kinders wat deur trauma geraak is.Skenk nou en help Ons Sentrum om vir kinders 'n brug na emosionele welstand te bou:onssentrums.co.za/ons-sentr#HelpendeHande#onssentrumn#Werksynrksyn ... See MoreSee Less
View on Facebook
Die toekoms lê in ons kinders se hande. Die verantwoordelikheid begin egter by ons – vandag. Die antwoord lê in gemeenskapskrag!Skenk vandag aan Ons Plekke en Sentrum: helpendehand.co.za/sentrums/#HelpendeHand #OnsPlek #onssentrum #Werksyn ... See MoreSee Less
View on Facebook
Wat sê die wet oor kinderbeskerming?Volgens die Suid-Afrikaanse Grondwet en die Kinderwet het elke kind die reg om teen mishandeling, verwaarlosing en geweld beskerm te word.Die wet bepaal dat volwassenes wat bewus is van kindermishandeling dit moet aanmeld. Onderwysers, maatskaplike werkers, mediese personeel en ander verantwoordelike volwassenes het 'n plig om kinders te beskerm.Kinders se regte moet altyd eerste gestel word, en enige vorm van geweld teen kinders is onaanvaarbaar. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum waar kinder trauma aangehoor en aangespreek word.Ondersteun Ons Sentrum, ondersteun ń kind se heelword en ń geleentheid op n tweede kans! ... See MoreSee Less
View on Facebook