logosNaboomspruit

Ons Plek Naboomspruit

logosNaboomspruit

ONS PLEK NABOOMSPRUIT

Dink net vir 'n oomblik aan 'n wêreld waar ons die vermoë het om die armoedesiklus te verbreek, 'n wêreld waar ons jong kinders die geleenthede en gereedskap kan gee om selfstandig en onafhanklik te word. Dink aan 'n wêreld waar ons vir kinders hoop vir die toekoms kan gee en hulle terselfdertyd bemagtig om daardie toekoms vir hulleself én vir ander 'n realiteit te maak.

Ons wil opleiding gee, waardigheid bou en selfstandigheid kweek in ons uitnemende naskoolsentrum.

Ons Plek Naboomspruit is Solidariteit Helpende Hand se sewende Ons Plek en het tans 44 naskoolkinders van graad RR tot graad 7 aan wie ons 'n Afrikaanse naskooldiens lewer. Die Ons Plek is op 15 Augustus 2022 op die kerkperseel van die APK Kerk Naboomspruit geopen.

Skoolfonds by Ons Plekke word vasgestel volgens gemeenskapsnavorsing in elke dorp waar ons oopmaak. Ons Plek Naboomspruit se skoolfonds beloop R880 per kind per maand oor 'n periode van 11 maande. Hierdie tarief sluit 'n middagete en vervoer van die skool na Ons Plek Naboomspruit in. Ouers wat nie die volle bedrag kan bekostig nie, word gesubsidieer volgens hul inkomste. Betalende ouers kry ook afslag op tweede en derde kinders van dieselfde gesin.

Ons bied die volgende:

  • Veilige versorging na skool
  • Hulp met huiswerk, take en leer vir toetse en eksamens
  • Topgehalte personeel wat deurlopende opleiding ontvang
  • Terapeutiese dienste
  • Rekreasieprogramme
  • Remediërende hulp
  • Vakansieprogramme
  • Gebalanseerde maaltye en verversings
  • Wolkskool- aanlyn ekstra klasse
  • Vervoer van die skool na Ons Plek
  • Vervoer na naskool-aktiwiteite

Met behulp van drie sterk rolspelers uit die gemeenskap, harde werk en ons provinsiale streekfonds kon ons 'n perseel bekom vir Ons Sentrum Naboomspruit en ons kon die sentrum herstel en opknap. Ons kon ook 'n groot deel van die nodige toerusting, meubels, huis- en kombuisware aankoop.

Ontmoet ons personeel

Bernadine_Bolton-Steenkamp__-_Sentrum_Bestuurder

Bernadine Bolton-Steenkamp

Sentrumbestuurder
[email protected]

072 941 6760
Jo_-Anne_Olivier_-_Huiswerk_Onderwyser

Jo- Anne Olivier

Huiswerkonderwyser
Lizette_Claassens_-_Huiswerk_Onderwyser

Lizette Claassens

Huiswerkonderwyser
Mnr_Hans_La_Grange__-_Busbestuurder_en_sentrumassi

Hans la Grange

Busbestuurder en Sentrum assistent

Artikels

Kultuurkleuterskole se plek in n vinnig ontwikkelende wêreld!

My kind moet kan droom in Afrikaans, Saterdae aande kan saam braai met regte hout en Sondae langs my op die kerkbank sit, hy moet kaalvoet kan rondhardloop, FAK liedjies kan sing by die skool, trots wees op die Voortrekkers en bekend wees met volksverhale wat vertel word in klaskamers en kuiers saam met vriende. …

Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie

View on Facebook
Daar is mense wat stilweg in die agtergrond werk. Hulle soek nie erkenning, applous of die kollig nie. Hulle daag eenvoudig op.Hulle is die mense wat net 'n oproep ver is.Die mense wat nooit huiwer wanneer daar 'n behoefte ontstaan nie.Die mense wat antwoord: "Ons sal help," "Ons sal 'n plan maak," of "Met plesier."Terwyl baie van ons op die voorgrond staan, is dit net moontlik omdat daar 'n ongelooflike leër van helpers agter ons staan.Julle goedhartigheid, vrygewigheid, bereidwilligheid en diensbare harte maak die verskil.Julle maak die wêreld 'n beter plek – een daad van omgee op 'n slag.Vandag wil ek eenvoudig net vir julle sê: Baie dankie.Julle weet wie julle is.Ek weet erkenning is nie waarna julle soek nie, maar ek móét dit vandag sê...Baie, baie dankie. ❤️Julle stil "ja" verander lewens op maniere wat julle waarskynlik nooit ten volle sal besef nie. ... See MoreSee Less
View on Facebook

3 weeks ago

Solidariteit Helpende Hand - Ons Plek Naboomspruit
Solidariteit Helpende Hand - Ons Plek Naboomspruit's cover photo ... See MoreSee Less
View on Facebook
'n Dag vol groei, leer en groot glimlagte by Solidariteit Helpende Hand Ons Plek Naboomspruit! Ons was bevoorreg om die span van Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum by ons te verwelkom.Die terapiespan – Shannon, Mischa en Mareli – het ons kinders op 'n prettige, kreatiewe en interaktiewe manier gehelp om emosies beter te verstaan. Hulle het geleer wat om te doen wanneer "Kwaaimeraai" in jou lyf kom sit en hoe om op 'n gesonde manier met moeilike gevoelens te werk.Die sessies was uitstekend voorberei en propvol waardevolle lewenslesse wat nie net ons kinders nie, maar ook ons personeel verryk het.Baie dankie aan Shannon, Mischa, Mareli en die hele Helpende Hand-span vir julle tyd, passie en omgee. Julle maak 'n blywende verskil in die lewens van ons kinders.*Raak deel van jou gemeenskap.*Raak deel van dieSolidariteit HelpendeHand Ons Plek Naboomspruit Kontak Bernadine 072 941 6760 #HelpendeHand #OnsPlekNaboomspruit #LimpopoHand #Werksyn #HelpendeHandonssentrum ... See MoreSee Less
View on Facebook
Gelukkige Vadersdag!!Helde is deesdae skaars. Pa, jy kan ook een wees. Die meeste beleggings in die lewe behels risiko en kan tot spyt lei. Jy sal egter nooit 'n oomblik spyt wees oor die liefde, tyd en moeite wat jy in jou kinders belê nie. Wees dus 'n pa.Elke pa wat vroeg opstaan, hard werk, raad gee, hande vat, gebede bid en onvoorwaardelik liefhet. Dankie vir die voorbeeld wat julle stel, die veiligheid wat julle skep en die verskil wat julle elke dag in julle kinders se lewens maak.ń Pa is iemand wat dalk nie altyd die regte woorde het nie, maar wie se liefde in sy dade sigbaar is. Gelukkige Vadersdag aan elke man wat met sy hart lei en met sy lewe inspireer.Ons waardeer elke Pa vandag en elke dag. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Kom sê vandag vir die Solidariteit Helpende Hand - Ons Plek Naboomspruit hallo by Naboom Golfklub. Dankie aan elke speler, elke borg en ondersteuner. Ons wil ook baie dankie sê vir Naboom Golf Club!!! Ons waardeer julle.#Werksyn #onspleknaboomspruit #Gemeenskap #kinderbeskermingsweek #HelpendeHand #onspleknaboom ... See MoreSee Less
View on Facebook
Ons is so so dankbaar!!Vryheidsfront Plus ondersteun Solidariteit Helpende Hand se Ons Plek Gholfdag môre. ⛳Kom maak ’n draai by hierdie besonderse geleentheid en geniet ’n dag van samesyn, sport en gemeenskapsbetrokkenheid.Word deel van die verskil deur ’n lid van Helpende Hand te word en help om ’n kind se toekoms te verseker. Elke lidmaatskap dra by tot die ondersteuning en ontwikkeling van kinders in ons gemeenskappe.Kom ondersteun ’n goeie saak, geniet die gholfdag en help ons om in die volgende geslag te belê.Ons sien uit daarna om jou daar te ontmoet! 🏌️‍♂️🏌️‍♀️Marita Louw083 273 4538 VF Plus - NaboomspruitSolidariteit Helpende Hand Limpopo StreekSolidariteit Helpende Hand - Ons Plek Naboomspruit ... See MoreSee Less
View on Facebook
Photos from Solidariteit Helpende Hand Limpopo Streek's post ... See MoreSee Less
View on Facebook
Tussen glimlaggies en klein voetspore loop ons elke dag die toekoms raak.Elke klein handjie hou ’n wêreld vol moontlikhede vas.Tussen glimlaggies en klein voetspore loop ons elke dag die toekoms raak.Die wêreld marsjeer voorentoe op die voete van kinders! Kinders is die lewende boodskappe wat ons stuur na ń tyd wat ons nie gaan sien nie.Kinders moet eers weet dat hul voor lief is, eers daarna is hulle gereed om enige iets anders te leer.Solidariteit Helpende Hand Ons Plek waar liefde leef – in die harte van toegewyde personeel,en waar elkeen – groot en klein – eenvoudig gelukkig is om net hier te wéés. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Trots.BOERESPORT By Solidariteit Helpende Hand se Ons Plekke en Ons Sentrum ontvang mense nie net ondersteuning nie, maar beleef ook weer 'n gevoel van identiteit, gemeenskap en kulturele verbondenheid. Binne hierdie ruimtes word die Afrikanerkultuur op 'n praktiese manier uitgeleef deur waardes soos geloof, familie, respek en omgee vir mekaar.Die Afrikanerkultuur is sterk verbind met tradisies wat oor geslagte heen oorgedra is en mense saambring met stories, musiek, kos, geloof en gemeenskapsaktiwiteite. Een van hierdie tradisies is boeresport wat lank reeds deel vorm van Afrikaanse feeste en gemeenskapsbyeenkomste. Boeresport sluit aktiwiteite in soos sakresies, toutrek, jukskei en ander speletjies wat spanwerk, deursettingsvermoë en vrolike samehorigheid bevorder.Boeresport herinner ons aan eenvoudiger tye toe gemeenskappe saam gelag, saam gewerk en saam feesgevier het. Hierdie kultuur van saamstaan en deelname leef steeds voort in die waardes wat by die Ons Plekke en Ons Sentrum bevorder word.Deur kulturele tradisies soos boeresport te onthou en te vier, help die Ons Plekke om 'n gevoel van trots, verbondenheid en menswaardigheid binne 'n veilige en ondersteunende gemeenskap te versterk.Ons Kinders. Ons Taal. Ons Toekoms. Ons Plek.Besoek ons hier: helpendehand.co.za/sentrums/#HelpendeHand #OnsPlek #AfrikaanseHelde ... See MoreSee Less
View on Facebook

2 months ago

Solidariteit Helpende Hand - Ons Plek Naboomspruit
Hierdie afgelope naweek het ons die voorreg gehad om hande te vat met Trados Bush Camp en die Wildspoor Trail Run om Kinderbeskermingsweek te bemark en die StapSaamfonds te versterk.Ons het ’n pragtige 5 km-stap op die wildsplaas aangepak, omring deur asemrowende fauna en flora — kameelperde, wildebeeste en bokke. Die ondersteuning vanuit die gemeenskap was ongelooflik en die bewusmaking rondom kinderbeskerming was duidelik sigbaar. Die positiewe energie, saamstaan en entoesiasme van almal het die dag ekstra spesiaal gemaak.Elke kind is belangrik — en deur inisiatiewe soos die StapSaamfonds kan ons voortgaan om ons kinders te ondersteun, beskerm en hoop vir ’n beter toekoms te skep.Baie dankie aan trados bush Camp, Rozelle Prinsloo en Simon Prinsloo, al ons borge, ondersteuners en elke persoon wat saam met ons gestap het. Julle betrokkenheid en ondersteuning maak ’n verskil in kinders se lewens. Kom ons werk saam om ons kinders te beskerm. Klik hier om by te dra tot ons kinders se toekoms: onssentrums.co.za/stapsaamfonds/#HelpendeHand #Kinderbeskermingsweek #OnsPlekNaboomspruit #gemeenskap #werksyn ... See MoreSee Less
View on Facebook
Het jy al jou kaartjies gekry? Kom dans vir 'n doel en maak 'n verskil in 'n kind se lewe! Kaartjies beskikbaar by Naboom Toyota en Solidariteit Helpende Hand - Ons Plek N#onspleknaboom#HelpendeHandm#WerksyndeHand #Werksyn ... See MoreSee Less
View on Facebook

2 months ago

Solidariteit Helpende Hand - Ons Plek Naboomspruit
Hierdie afgelope week het ons Kinderbeskermingsweek gevier. Kinderbeskermingsweek herinner ons aan hoe belangrik dit is om kinders te beskerm, te ondersteun en ’n veilige omgewing te skep waar hulle kan groei en ontwikkel. Elke kind verdien liefde, veiligheid en die geleentheid om hul volle potensiaal te bereik.Om die week op ’n besondere manier af te sluit, het Anina Schunke, die maatskaplike werker van Solidariteit Helpende Hand Limpopo Streek, ons kom besoek en met die kinders gesels oor kinderregte en die verantwoordelikhede wat daarmee saamgaan.Baie dankie aan Anina en die Solidariteit Helpende Hand Limpopo-streek vir julle tyd, omgee en die heerlike bederfies. Dit word opreg waardeer! Indien jy meer wil leer oor Solidariteit Helpende Hand Ons Plek Naboomspruit of graag betrokke wil raak, kontak ons gerus of klik op die skakel hieronder.onssentrums.co.za/ons-plek-naboomspruit/ ... See MoreSee Less
View on Facebook

2 months ago

Solidariteit Helpende Hand - Ons Plek Naboomspruit
Solidariteit Helpende Hand - Ons Plek Naboomspruit ... See MoreSee Less
View on Facebook
Ons waardeer julle omgee en vrygewigheid opreg. ... See MoreSee Less
View on Facebook

2 months ago

Solidariteit Helpende Hand - Ons Plek Naboomspruit
Ons wil graag ’n opregte dankie en spesiale waardering uitspreek aan Naboom Toyota . Julle vriendelikheid en deurlopende ondersteuning word diep waardeer. Dit is mense en besighede soos julle wat ’n stil, maar baie betekenisvolle verskil in die gemeenskap maak, en ons is dankbaar vir julle hart vir ander.Dankie dat julle deel is van die groter prentjie en altyd bereid is om waar dit saak maak, ’n hand uit te steek.Indien jy ook graag betrokke wil raak en ’n verskil wil maak, volg gerus die skakels hieronder:onssentrums.co.za/sluit-aan-naboomspruit/onssentrums.co.za/ons-plek-naboomspruit/#OnsPlekNaboomspruit #Gemeenskap #Dankbaarheid #GeeTerug #Naboomspruit #PlaaslikeOndersteuning #Werksyn #HelpendeHand 🤍 ... See MoreSee Less
View on Facebook

2 months ago

Solidariteit Helpende Hand - Ons Plek Naboomspruit
Baie dankie aan die Gr. 12-leerders van Hoërskool Hans Strijdom en Mev Johanette Pretorius wat hul tyd en kennis kom deel het by Ons Plek Naboomspruit om ons naskoolse kinders te help met huiswerk en ekstra wiskunde.Julle is ’n wonderlike voorbeeld van teruggee aan die gemeenskap en om ’n positiewe verskil te maak.Ons waardeer julle bydrae opreg—dit maak ’n groot impak.Sterkte met julle eksamens!!Mag God se seëninge julle elkeen dra in hierdie belangrike tyd.Dankie dat julle lig bring waar dit nodig is.Indien jy ook wil betrokke raak en deel wees, kontak ons gerus.Of klink op : onssentrums.co.za/ons-plek-naboomspruit/#onspleknaboomspruit #Gemeenskap #GeeTerug #Werksyn#HoerskoolHansStrijdom ... See MoreSee Less
View on Facebook

2 months ago

Solidariteit Helpende Hand - Ons Plek Naboomspruit
Solidariteit Helpende Hand - Ons Plek Naboomspruit ... See MoreSee Less
View on Facebook
Dankbaar! ... See MoreSee Less
View on Facebook