logosNaboomspruit

Ons Plek Naboomspruit

logosNaboomspruit

ONS PLEK NABOOMSPRUIT

Dink net vir 'n oomblik aan 'n wêreld waar ons die vermoë het om die armoedesiklus te verbreek, 'n wêreld waar ons jong kinders die geleenthede en gereedskap kan gee om selfstandig en onafhanklik te word. Dink aan 'n wêreld waar ons vir kinders hoop vir die toekoms kan gee en hulle terselfdertyd bemagtig om daardie toekoms vir hulleself én vir ander 'n realiteit te maak.

Ons wil opleiding gee, waardigheid bou en selfstandigheid kweek in ons uitnemende naskoolsentrum.

Ons Plek Naboomspruit is Solidariteit Helpende Hand se sewende Ons Plek en het tans 44 naskoolkinders van graad RR tot graad 7 aan wie ons 'n Afrikaanse naskooldiens lewer. Die Ons Plek is op 15 Augustus 2022 op die kerkperseel van die APK Kerk Naboomspruit geopen.

Skoolfonds by Ons Plekke word vasgestel volgens gemeenskapsnavorsing in elke dorp waar ons oopmaak. Ons Plek Naboomspruit se skoolfonds beloop R640 per kind per maand oor 'n periode van 11 maande. Ouers wat nie die volle bedrag kan bekostig nie, word gesubsidieer volgens hul inkomste. Betalende ouers kry ook afslag op tweede en derde kinders van dieselfde gesin.

Ons bied die volgende:

  • Veilige versorging na skool
  • Hulp met huiswerk, take en leer vir toetse en eksamens
  • Topgehalte personeel wat deurlopende opleiding ontvang
  • Terapeutiese dienste
  • Rekreasieprogramme
  • Remediërende hulp
  • Vakansieprogramme
  • Gebalanseerde maaltye en verversings
  • Wolkskool- aanlyn ekstra klasse
  • Vervoer van die skool na Ons Plek
  • Vervoer na naskool-aktiwiteite

Met behulp van drie sterk rolspelers uit die gemeenskap, harde werk en ons provinsiale streekfonds kon ons 'n perseel bekom vir Ons Sentrum Naboomspruit en ons kon die sentrum herstel en opknap. Ons kon ook 'n groot deel van die nodige toerusting, meubels, huis- en kombuisware aankoop.

Ontmoet ons personeel

Bernadine Bolton Steenkamp

Bernadine Bolton-Steenkamp

Sentrumbestuurder
[email protected]

072 941 6760
Jo-anne

Jo- Anne Olivier

Huiswerkonderwyser
DSC_0716s

Andre Van Der Schyff

Busbestuurder en Sentrum assistent

Artikels

Kultuurkleuterskole se plek in n vinnig ontwikkelende wêreld!

My kind moet kan droom in Afrikaans, Saterdae aande kan saam braai met regte hout en Sondae langs my op die kerkbank sit, hy moet kaalvoet kan rondhardloop, FAK liedjies kan sing by die skool, trots wees op die Voortrekkers en bekend wees met volksverhale wat vertel word in klaskamers en kuiers saam met vriende. …

Lees meer...

Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie

4 days ago

Solidariteit Helpende Hand - Ons Plek Naboomspruit
Kom jy saam?PRETLOOP 31 Mei 2025Gholfpark NaboomspruitKom stap vir al ons kinders want ons vier kinders se beskerming in ons gemeenskap! Ons wil die inskrywingsfooie aanwend vir HELPENDE HAND se STAPSAAMFONDS vir kinders in nood.📆 31 Mei 2025🕗 8:00-8:30📍 Gholfpark Parkie👟 Dra wit en groen om aandig te vestig op kinders se regte💸 R30/persoon voorskool kinders gratis. Kontant en kaart betalings opsies#stapsaamvirkinders ... See MoreSee Less
View on Facebook
Moenie dit misloop nie!! ... See MoreSee Less
View on Facebook
Ons wil graag baie dankie sê vir Solidariteit Helpende Hand Limpopo Streek, Carol Ankiewicz en Anina Roux Schunke vir die geleentheid om terug te gee.#HelpendeHand #OnsPlek #welstand ... See MoreSee Less
View on Facebook
Dankie vir jou Ma-wees❤️Gelukkige Moedersdag aan elke mamma vandag. Moeders hou nie net hande vas nie, hulle hou harte vas – vir altyd, hulle sorg, hulle leef hul roeping elke dag en dra die titel tot die einde van hul lewe hier op aarde.Elke jaar besef ek weer watter groot voorreg dit is om mamma te mag wees! Die Here het ons toevertrou met een van Sy kosbaarste besittings – Sy kinders. Mag ons hul liefhê en binne Sy wil grootmaak... want eendag gaan Hy ons oor hulle vra.Ek staan vandag stil – met ’n hart vol dankbaarheid. Moederskap is ’n heilige verantwoordelikheid, ’n pad van genade op genade. Mag Vader elke mamma toerus met wysheid, geduld, liefde en omgee. Ek is diep bewus van die genade van God wat elke dag genoeg is – om lief te hê, te vorm, te bid, te lei.Ek eer vandag al die mooi mammas – dié wat met liefde hul kinders grootmaak, dié wat moeders is sonder eie gene, en dié wie se harte hunker na moederskap of kinders help grootmaak met ’n hart vol liefde: Jý is ekstra spesiaal, Hy sien jou.Gelukkige Moedersdag. Jy is die moeite werd en maak saak, jy is genoeg, jy probeer elke dag weer, jou beste is genoeg, jou geloof dra jou, Hy is teenwoordig, jys nooit alleen nie.Dankie vir jou Ma-wees.#Dankbaarheid #Genade #Moederskap #JouLiefdeMaakSaak ... See MoreSee Less
View on Facebook
Ons taal, Ons kinders, Ons trots#trotsafrikaans #HelpendeHand #OnsPlek ... See MoreSee Less
View on Facebook
Vandag vier ons ń groot verjaarsdag! Feesviering van ons mooi taal!#trotsafrikaansAfrikaans: 100 Jaar van Hart en Erfenis!Afrikaans is vandag 100 jaar oud – ’n mylpaal wat ons met trots vier! Hierdie taal is meer as net woorde op papier; dis ons hartstaal, die taal waarin ons bid, leer, droom en ons self kan wees.CJ Langenhoven het gesê: “Afrikaans het gekom om te bly.” Ons behoort aan Afrikaans, maar meer nog – Afrikaans behoort aan ons. Dis die taal van ons voorouers, van herinneringe om die kombuistafel, van stories en liedere wat van geslag tot geslag oorvertel word.“’n Volk wat sy taal prysgee, gee sy vryheid prys.” - Paul KrugerOns sien dit as ons roeping en voorreg om Afrikaans te leer, leef en oordra aan ons kinders – sodat hulle ook met dié ryk skat kan grootword. Die appel val nie ver van die boom af nie, en ons wil sorg dat die vrugte van ons taal en kultuur steeds in die toekoms sal blom. So gee ons die aflosstokkie met liefde aan die volgende geslagte, en ons sal die vlam aan die brand hou – sodat Afrikaans nog lank sal bly leef in harte, huise en gemeenskappe. “’n Volk wat nie sy kinders in sy eie taal leer nie, is besig om homself af te skryf.”— JD Kestell ... See MoreSee Less
View on Facebook
Vakante Pos - Ons Plek Naboomspruit Word deel van ons span! Doen aansoek vir die halfdag huiswerkonderwyser pos. Besoek helpendehand.co.za/vakante-poste/ vir meer inligting. #HelpendeHand #OnsPlek #welstand #naboom ... See MoreSee Less
View on Facebook
Hy wat aan die kruis gesterf het sodat ons kan leef.Op hierdie dag herinner ons onsself aan die onmeetbare liefde van Jesus Christus – Hy wat aan die kruis gesterf het sodat ons kan leef. Goeie Vrydag is nie net 'n dag van rou nie, maar ook een van hoop, want selfs in die donkerste oomblikke was God aan die werk."Vader, in U hande gee Ek my gees oor." – Lukas 23:46Selfs in Sy laaste asem, het Jesus Sy vertroue in die Vader geplaas.Mag ons vandag stil raak en besin oor die diepte van Sy genade. 💜#GoeieVrydag #Kruisiging #JesusLeef #LiefdeOorwin ... See MoreSee Less
View on Facebook
Baie dankie Refine Future NPC vir julle hartlike skenking van Paaseiers aan die Ons Plek. Julle vrygewigheid het baie harte bly gemaak. Dankie vir die verskil wat julle maak. Geseënde Paasfees #WaardesWatWerk #OnsPlek #HelpendeHand #welstand ... See MoreSee Less
View on Facebook
Dankie Scorpion security vir ons alarmstelsel.Ons waardeer julle ondersteuning en betrokkenheid.Nou is ons veilig!! Scorpion Sekuriteit #OnsPlek #HelpendeHand #WaardesWatWerk #welstand #gemeenskap ... See MoreSee Less
View on Facebook
VakansieKlub Maart 2025Wat 'n ongelooflike lekker besige week met prettige aktiwiteite onder toesig in 'n veilige omgewing vir ons kinders van 4 tot 13 jaar. Ek wil graag ons personeel, vrywilligerSolidariteit Helpende Hand Limpopo StreekopDave HoniballeNaboom ToyotaooErna OosthuizenOoProtea Liefrotea Lief, Taylor-Ann Hill , Lizette Claassens en Ludwick Brahmanek Brahmane bedank dat hulle dit onvergeetlik gemaak het. Stel jy belang in hierdie program?Volgende vakansie program - Julie 2025.Wil jy betrokke raak en 'n verskil maak?Wil jy 'n vrywilliger word?Het jy 'n liefde vir kinders?Kontant ons gerus!onssentrums.co.za#HelpendeHandoo#welstand#gemeenskapn#OnsPlektand #gemeenskap #OnsPlek ... See MoreSee Less
View on Facebook
Kinders met respek word grootmense met karakter.Kinders met respek word grootmense met karakter.Dis ons verantwoordelikheid om vir ons kinders waardes te leer—respek vir hulself, ander en hul omgewing. ’n Handdruk, oogkontak, goeie maniere... Soms is dit die klein dingetjies wat die groot verskil maak.Dit bly ons verantwoordelikheid om hulle help om met integriteit groot te word!Solidariteit Helpende Hand se Ons Plek Kleuterskole en naskoolsentrums se leerlinge is onbeskaamd waardegedrewe en trots! ... See MoreSee Less
View on Facebook
Photos from Solidariteit Helpende Hand Limpopo Streek's post ... See MoreSee Less
View on Facebook
Baie dankie aan elke een wat die funksie 'n groot sukses gemaak het #HelpendeHandeH#OnsPleks#willemabothabotha ... See MoreSee Less
View on Facebook
Wat 'n groot sukses!! Soveel dankbaarheid. Alhoewel 'dankie' 'n klein woordjie is, dra dit die gewig van 'n groot hart vol dankbaarheid." ... See MoreSee Less
View on Facebook
Moenie dit misloop nie!!!! Kontak asb vir Zanelle Moller by 082 468 3725vir jou kaartjies.Die geleentheid van die jaar. Kontak asb vir Zanelle Moller by 082 468 3725vir jou kaartjies. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Ons waardeer julle!! Lizette Claassens Charlotte potgieter, Anche Kemp Taylor-Ann Hill ... See MoreSee Less
View on Facebook
Ons lugversorger is in!! Baie dankie aan Christo en Erna Oosthuizen en ons ouers, Gerda en Tommy Van Den Heever as ook Neil en Tasha Van Brakel (NCN Aircon and Maintenance services) vir ons lugversorger en die installering daarvan. Ons is werklik dankbaar en ons waardeer julle opreg!! Dankie vir julle omgee en betrokkenheid! ... See MoreSee Less
View on Facebook
"Kinders was nog nooit baie goed daarin om na ouer mense te luister nie, maar hulle het nog nooit nagelaat om hulle presies na te boots nie." Dink mooi voor jy doen, die kinders kyk!!Dankie AfriForum Naboomspruit.#welstand #OnsPlek #WaardesWatWerk #Afriforum ... See MoreSee Less
View on Facebook
Helpende Hand: Gemeenskapsprojekte ... See MoreSee Less
View on Facebook