Ons Plek Kleinfontein wit

Ons Plek Kleinfontein

Ons Plek Kleinfontein wit

ONS PLEK KLEINFONTEIN

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek Kleuterskool en Naskool is 'n opvoedkundige gemeenskapsentrum wat aan spesifieke regulasies voldoen. Die fokus is op gehalteonderrig in Afrikaans en die versorging van kinders vanuit alle ekonomiese agtergronde ten einde hulle in staat te stel om hul volle potensiaal te bereik. Hierdie onderrig sluit 'n kleuterskool en naskooldiens in 'n veilige omgewing in. Ons bied 'n atmosfeer van Christelike waardes vir kinders uit die Afrikaner-kultuurgemeenskap. Ons Plek Kleinfontein is 'n gemeenskapsprojek waar lede van die gemeenskap bydra tot die volhoubaarheid van die diens en voorspoed vir elke kind help verseker.

Ons Plek Kleinfontein was voorheen 'n gemeenskapsdagsorgsentrum. Die gemeenskap wou graag die kleuterskool en naskooldienste in samewerking met Solidariteit Helpende Hand verdiep en uitbrei deur 'n sentrum van uitnemendheid te skep.

Solidariteit Helpende Hand, in samewerking met die Kleinfontein-gemeenskap, open die nuwe sentrum op 13 Januarie 2025.

Afrikaans is die enigste onderrigtaal en die leerplan word gebou op 'n fondasie van Christelike waardes. Ons taal en geloof is ons trots.

Solidariteit Helpende Hand bied 'n amptelike kurrikulum aan by die Ons Plek-kleuterskool. Dit is opgestel in samewerking met die Fakulteit Opvoedkunde aan die Noordwes-Universiteit se grondslagfase-departement.

Die skool bied die volgende vir kinders van 3 maande tot 5 jaar:

  • Gekwalifiseerde onderwysers
  • Uitkomsgebaseerde kurrikulum
  • Bekostigbare skoolfooie
  • Warm, voedsame middagetes
  • Stimulerende ontwikkelingsprogramme
  • 'n Skoolkomitee wat bestaan uit lede wat op organisasies in die gemeenskap dien en wat die skool se belange op die hart dra

Die kleuterskool waar kleuters leer om te speel en speel om te leer!

Ons naskoolsentrum bied die volgende dienste:

  • Gehalteondersteuning met huiswerk
  • Hulp met voorbereiding vir toetse en eksamens
  • Gebalanseerde maaltye
  • Toegang tot Wolkskool
  • Verwysing vir terapeutiese dienste
  • Vakansieprogramme

Die primรชre doel van die Ons Plek is die veilige versorging van ons kinders, doeltreffende opvoeding en onderrig en die ontwikkeling van elke kind se potensiaal in 'n volhoubare langtermynstruktuur. Hierdie doelwit is 'n daaglikse prioriteit, want ons lei 'n volgende generasie op.

Waar is ons geleรซ?

Adres

Kareelaan 1

Plaas Kleinfontien,

Distrik Cullinan

Mpumalanga

 

Skooltye

Maandae-Vrydae 06:30-17:30

Op openbare vakansiedae is ons gesluit.

Tydens skoolvakansies is ons voldag oop van 06:30-17:30.

 

Skoolfooie

Registrasiefooi: R150

Babas: R1 500

Kleuters halfdag: R800

Kleuters voldag: R1 400

Naskoolsentrum: R700

Dagfooi: R50

Subsidies is beskikbaar.

Kontakbesonderhede

Kontaknommer: 012 941 9282

E-posadres: [email protected]

Hoe kan jy as vrywilliger betrokke raak by 'n Ons Plek?

  • Help met huiswerk.
  • Help met tikwerk en die opstel van toetse en memorandums.
  • Raak betrokke op verskeie finansiรซle gebiede.

Bankbesonderhede

Bank: FNB

Takkode: 210554

Rekeningnaam: Ons Plekke en Sentrum Helpende Hand NPO

Rekeningnommer: 6312 9978 326

Verwysing: Kind se naam en van asook rekeningnommer

 

Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie

Skenk by jou naaste Ons Winkel

Untitled-1
Solidariteit Helpende Hand Ons Plek Kleinfontein

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek Kleinfontein

62

Ons Plek Kleinfontein Kleuterskool en Naskool is 'n opvoedkundige gemeenskapsentrum. Die fokus is op gehalte onderrig in Afrikaans, en die versorging van kinders vanuit alle ekonomiese agtergronde om hul te help om hulle volle potensiaal te bereik.

Waardes is belangrik, dit maak besluitneming maklik, dit lei tot aanvaarding van wie jy is, dit rig jou verhouding met ander en is die hart van ล„ kultuur en die kern van jou geloof! Leer jou kind goeie waardes! Leer hulle van respek, eerlikheid, vriendelikheid, lojaliteit, geregtigheid en liefde.#HelpendeHand ... See MoreSee Less
View on Facebook
Solidariteit Helpende Hand Ons Plek kleuterskole en naskoolsentrums van uitnemendheid vorm met trots deel van die Solidariteit Beweging Onderwysnetwerk.Ons deel die droom, ons bou saam aan die toekoms deur onderrig, opleiding, opvoeding en ontwikkeling! ... See MoreSee Less
View on Facebook
Kultuur, taal en Afrikaner geskiedenis is vir ons by Solidariteit Helpenda Hand prioriteit. Daarom teken ons seker dae aan in ons jaarkalender waar ons geskiedkundige gebeurtenisse onthou, herdenk en oor dra aan ons kinders aangesien dit nie meer in die skole se kurrikulums verskyn nie. Dit is en bly ons verantwoordelikheid aan ons nageslag en generasies na ons. Dit maak ons Sentrums uniek, uitnemend, uitstaande!Op 6 April 1652 het Jan van Riebeeck die Kaap bereik, met die opdrag van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC), om 'n verversingspos vir skepe aan die punt van Afrika te stig. Vanuit die gemeenskap wat daar ontstaan het, het 'n volk gespruit wat ons tot vandag toe as die Afrikaner ken.๐’๐“๐ˆ๐†๐“๐ˆ๐๐†๐’๐ƒ๐€๐†๐Ÿ” ๐€๐ฉ๐ซ๐ข๐ฅ ๐Ÿ๐Ÿ”๐Ÿ“๐Ÿ’๐‘ฝ๐’‚๐’ ๐‘น๐’Š๐’†๐’ƒ๐’†๐’†๐’„๐’Œ ๐‘ฎ๐’†๐’๐’๐’‡๐’•๐’†Waar dit vandag die tweede verjaarsdag is van die dag waarop ons deur die Here gelei met die skepe Drommedaris, die Reyger en die Goede Hoop hier ter plaatse behoue aangeland het om hierdie vesting en kolonie na die bevel van ons here en meesters (Here XVII) te bou en te bestendig, en opgelet het dat God die Here alle sake tot vandag toe met vele seรซninge voorspoedig en na wense laat verloop en laat slaag het, het ons besluit, en ook vir die eerste keer begin om hierdie dag, die 6de April, tot eer van God met danksegging te vier en vir altyd tot 'n vasblywende dank- en biddag in te stel, sodat daarby die weldade van die Here wat aan ons bewys is, deur ons nakomelinge nooit vergeet mag word nie, maar altyd tot eer van God in gedagtenis en herinnering gehou sal word.ยฉIneffable Digital Designs 2024 ... See MoreSee Less
View on Facebook
โ€œโ€˜n Beskawing, volk of โ€˜n kultuur kan net voortbestaan as die verbond tussen geslagte doelgerig in stand gehou word. Elke geslag moet dit wat van die vorige geslagte ontvang is bewaar en dan in โ€˜n beter toestand aan die volgende geslag oordra. Hierdie oordrag geskied deur die kultuur se instellings soos skole, universiteite, stede en owerhede.โ€- Flip Buys, Maroela Media, April 2024By Solidariteit Helpende Hand Ons Plek Kleuterskool en Naskoolsentrums is dit ล„ voorreg om as ล„ kultuurkleuterskool en naskoolsentrum bekend te staan waar ons kultuur Vrydae vier met geskiedenis, FAK en kultuuroordrag! Ons kweek kinders as toekomsbouers wat trots is op hulle identiteit.By Ons Plek leef ons daagliks die verbond tussen geslagte uit. As naskoolsentrum en kleuterskool dra ons doelbewus by tot die voortbestaan van ons kultuur en gemeenskap deur waarde-gedrewe opvoeding, sorg en ondersteuning.Ons dra by deur:Waardes en kultuur oor te dra: Ons leer kinders reeds van kleins af oor respek, verantwoordelikheid, diensbaarheid en ander kernwaardes wat van geslag tot geslag oorgedra moet word.Onderwys en ontwikkeling: Deur onderrig, opleiding, ontwikkeling en opvoeding lรช ons die grondslag vir lewenslange leer en gesonde ontwikkeling โ€“ sodat elke kind eendag kan bydra tot die opbou van hul gemeenskap.Gemeenskapsontwikkeling: Ons werk saam met ouers, vrywilligers en die gemeenskap om โ€™n netwerk van ondersteuning te skep waar kinders veilig en geliefd voel, sodat hulle op hul beurt later verantwoordelike volwassenes kan wees.Erfenisbewaring: Deur aktiwiteite, stories en tradisies help ons kinders om trots te wees op hul kultuurerfenis, en om dit met betekenis aan die volgende geslag oor te dra.Sรณ bou Ons Plek elke dag aan โ€™n sterker toekoms โ€“ waar elke kind weet waar hulle vandaan kom, en met hoop vorentoe kyk.#onsplek#helpendehand#kultuurtuiste ... See MoreSee Less
View on Facebook
Helpende Hand Ons Plek Kleuterskool en Naskoolsentrum Kleinfontein is gemeenskapseiendom! Ons is trots! ... See MoreSee Less
View on Facebook