logosKemptonpark

Ons Plek Kemptonpark

logosKemptonpark

ONS PLEK KEMPTONPARK

Gedurende Augustus 2022 verwelkom Solidariteit Helpende Hand Ons Plek in Kempton Park (Kabouterpaleis Kleuterskool) as deel van die familie. Die kleuterskool is in 1949 met 20 leerders geopen. In 1959 het die skool na die huidige perseel geskuif wat deur daardie tyd se munisipaliteit geskenk is. In 1970 is die aangrensende perseel aangeskaf as gevolg van die toename in leerders.

Ons vier ons hier wees, hande vat, omgee, gedeelde drome en groter visie. Saam is ons soveel sterker! Ons glo in opvoeding, opleiding, beskerming en versorging in Afrikaans. Ons leef ons geloof uit en is trots op ons taal en kultuur. Ons Plek Kempton Park is 'n opvoedkundige gemeenskapsprojek. As ons kinders gelukkig is, versterk dit ons gesinne en ontwikkel dit tot 'n gesonde gemeenskap.

Kabouterpaleis is 'n pragtig toegeruste kleuterskool met ruim speelareas buite onder groot, groen koeltebome en ons vrolike klaskamers bied genoeg spasie vir speel, lag en leer.

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek Kempton Park is 'n kleuterskool en naskoolsentrum wat fokus op gehalte-onderrig in Afrikaans. Hier is almal wenners en kan hulle, hulle potensiaal bereik ten spyte van hulle ekonomiese agtergrond. Ons bied 'n veilige atmosfeer met Christelike waardes vir kinders uit die Afrikaner-kultuurgemeenskap.

Ons Plek Kempton Park is 'n gemeenskapsprojek. Lede van die gemeenskap dra by tot die volhoubaarheid van die diens en help om vir elke kind voorspoed te verseker. Hier gaan jy baie van jouself leer hou en jou persoonlikheid en talente uitbou.

Ontmoet ons personeel

WhatsApp Image 2025-03-18 at 11.07.11

Esté Cilliers

Skoolhoof: Ons Plek Kempton Park

[email protected]

078 161 1655

Rinda_Grant_Foto

Rinda Grant

Onderwyseres
Danielle_Van_Der_Walt_Foto

Danielle van der Walt

Onderwyseres
WhatsApp Image 2025-03-18 at 11.07.17 (1)

Helen Ratau

Assistent
WhatsApp Image 2025-03-18 at 11.07.14

Georgette Calitz

Kok
WhatsApp Image 2025-03-18 at 11.07.21

Ruth Ntini

Skoonmaker

Artikels

Kultuurkleuterskole se plek in n vinnig ontwikkelende wêreld!

My kind moet kan droom in Afrikaans, Saterdae aande kan saam braai met regte hout en Sondae langs my op die kerkbank sit, hy moet kaalvoet kan rondhardloop, FAK liedjies kan sing by die skool, trots wees op die Voortrekkers en bekend wees met volksverhale wat vertel word in klaskamers en kuiers saam met vriende. …

Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Kemptonpark

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Kemptonpark

633

Ons Plek: Kempton Park is 'n Afrikaanse, Christelike kleuterskool vir kleuters tussen 4 maande en 5 jaar oud en 'n naskoolsentrum vir laerskoolkinders. Hier kan kleintjies en groter kinders nog kind wees en elke oomblik geniet.

Vandag het Ons Plek Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Kemptonpark gestap vir kinder beskerming. Klein en groot het met bereidwillige voete, oop harte en baie pret die oggend saam geniet. Dankie vir elke een wat die besonderse oggend moontlik gemaak het. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Kom loop saam! Onthou kontant, voete van beriedwilligheid en 'n goeie gees.Want elke kind verdien 'n gelyke kans. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Ons sien jou daar! ... See MoreSee Less
View on Facebook
FAK pret vir wêreld hongersnood tydens kinderbeskermings week. 13 van ons kleuters was vandag na Allen Park genooi dat groentjies en gryses saam kan sing en dans met die tydlose FAK liedjies. Trots Ons Plek!Dankie aan Helpende Hand oos-rand wat ons genooi het vir die besonderse geleentheid.Dankie ook aan Deetlefs vevoer wat ons ewig bystaan met vervoer. Ons waardeer julle opreg. Elke brokkie hoop voed nog n kind! Dankie Hemelse Vader vir die voorsiening van Ons Plek se kinders om vir hul n toekoms te verseker. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Photos from Solidariteit Helpende Hand Oos-Rand Streek's post ... See MoreSee Less
View on Facebook
Baie sterkte aan elke leerling in hierdie eksamentyd! Ons dink aan julle.📚🥈Aan elke leerder wat al reeds begin skryf het, vandag begin, of nog voorberei — ons dink aan julle met julle eksamen.Mag jou moed groter wees as jou spanning,jou vrede sterker as jou vrees,en jou harde werk vrug dra.Wanneer die vrae moeilik voel, onthou:jy is meer bekwaam as wat jy dink,meer dapper as wat jy voel,en nooit alleen nie.Gee jou beste, want jou toekoms begin reeds vandag!Sterkte — ons stap hierdie pad saam met julle. Ons glo in julle!🧡 Met hart. In krag. Tot hoop.Solidariteit Helpende Hand ... See MoreSee Less
View on Facebook
Ons het jou nodig, kom vind ń werkie vir jou hand en ń rusplek vir jou hart wanneer jy aansluit as ń Helpende Hand vrywilliger by Ons Plek kleuterskool en naskoolsentrums!Ons wag vir jou!🌈🌱 Wil jy help om ’n kind se lewe te verander? 🌱Jy is ons antwoord!By ons Solidariteit Helpende Hand Ons Plek kleuterskole en naskoolsentrums is ons op soek na mense met oop hande en warm harte – mense wat saam met ons ’n verskil wil maak in kinders se lewens.Miskien het jy ’n bietjie tyd om kinders in die middae met huiswerk te help.Dalk wil jy by ons kleuterskool kom aflos wanneer ons ń personeellid kort.Miskien kan jy ons kantoor ondersteun met administrasie.Dalk het jy kundigheid in instandhouding of praktiese vaardighede wat jy kan deel.Of dalk wil jy ’n vrywillige finansiële bydrae maak om ons te help om ons werk voort te sit.Jy kan selfs ons ambassadeur wees – vertel ander van die werk wat ons doen, help om bewusmaking te skep, fondsinsamelingsprojekte te reël of op ’n komitee te dien.Bring wat jy hét. Nie almal gee op dieselfde manier nie – maar elke hand, elke uur, elke bydrae maak ’n verskil.Want hier is altyd ’n plek vir jóú en ’n werkie vir jou hart. ❤️Stuur gerus vir ons ’n boodskap as jy saam met ons kinders se toekoms wil help bou. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Vandag vier ons Internasionale gesinsdag!Wat ń heerlike voorreg!En om dit te vier stel ons bekend Solidariteit Helpende Hand se Pretboek vir jou en jou hele gesin!Skaf joune sommer nou aan!Moenie die spesiale geleentheid misloop nie🎊🥈🥈 ... See MoreSee Less
View on Facebook
Gelukkige Moedersdag 🌷Aan elke mamma, ouma, bonusmamma en vrou wat met liefde versorg, bid, opoffer en onvoorwaardelik liefhet – vandag vier ons julle. Moederskap lê nie net in geboorte nie, maar in hande wat troos, harte wat dra wanneer dit swaar gaan, en liefde wat nooit ophou nie.’n Moeder se liefde is die stille krag wat huise warm maak en harte veilig laat voel.Mag jy vandag herinner word aan hoe kosbaar en waardevol jy is – selfs op dae wanneer jy moeg voel of wonder of jy genoeg doen. “Haar kinders staan op en noem haar gelukkig... ’n Vrou wat die Here dien, sy moet geprys word.” – Spreuke 31:28,30Aan elke vrou wat vandag gevier word – mag liefde, vrede en mooi herinneringe jou altyd omvou. Gelukkige Moedersdag van al die personeel van Solidariteit Helpende Hand! 💐 ... See MoreSee Less
View on Facebook
Photos from Solidariteit Helpende Hand Ons Plek Nasionaal's post ... See MoreSee Less
View on Facebook
KINDERS HET LIEFDE EN AANDAG NODIG — ELKE DAG Kinders smag na verbinding. Nie net nou en dan nie... maar elke dag.Navorsing wys dat kinders minstens 8 liefdevolle aanrakinge per dag nodig het om veilig en verbind te voel. Wanneer hulle deur ’n moeilike tyd gaan, verhoog daardie behoefte tot minstens 12.Dit hoef niks groot te wees nie:🤍 ’n drukkie🤍 ’n hand op die skouer🤍 om hul hare of klere reg te trek🤍 ’n sagte, liefdevolle aanraking in die verbygaan.Elke dag het ’n kind ook één betekenisvolle gesprek nodig.Nie haastig nie. Nie tussen ander goed deur nie.Oog-tot-oog. Hart-tot-hart.Kyk hulle in die oë.Luister regtig.Wys vir hulle: “Wat jy sê, maak vir my saak.”En dan is daar 9 minute... wat ’n wêreld se verskil maak:Die eerste 3 minute van hul dag— begin dit met liefde en teenwoordigheidDie 3 minute wanneer hulle by die huis kom— laat hulle voel jy is bly om hulle weer te sienDie laaste 3 minute voor slaaptyd— sluit hul dag af met rustigheid, veiligheid en liefde.Dis nie perfeksie wat kinders nodig het nie...dis teenwoordigheid.Kom ons kies vandag weer om regtig daar te wees. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Photos from Solidariteit Helpende Hand Ons Plek Nasionaal's post ... See MoreSee Less
View on Facebook
View on Facebook
View on Facebook
View on Facebook
View on Facebook
Ek glo mense belê in suksesstories —maar soms wag ’n storie net vir ’n uitnodiging,’n oop hand,’n sagte “kom wees deel hiervan.”Gister het ek by een van Helpende Hand se kleuterskole en naskoolsentrums gaan kuier.Die energie daar was tasbaar —soos lig wat deur gange vloei.Onderwysers leef hul roeping met oorgawe,en kinders se oë blink van vreugdeterwyl hulle speel, groei, leeren elke dag ’n bietjie sterker word.Hier is elke kind iemand —iemand ken hul naam,iemand sien hulle raak,iemand glo in hulle. Vrywilligers stap in en uitmet harte wat wil help dra aan mooi verhale.Besighede steek hul hande open word deel van iets wat groter is as onsself.En diep binne my weet ek:ons is op pad na iets besonders... iets groots.Dit bly ’n voorreg om te kan gee wat jy het.Want in elkeen van ons se lewewas daar al iemandwat ’n deur oopgemaak het,wat ’n kans moontlik gemaak het.Daarom glo ek:elkeen help een.Elkeen help soos hy kan,waar hy is,met wat hy het.Ons kinders is gelukkig hier.En ek ook. 🤍As jy ook deel wil wees van ’n suksesstorie,kan jy die QR-kode op die foto skandeeren saam met ons ’n verskil maak.Want klein bietjies,met liefde gegee,word saam iets baie groot. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Photos from Suzette Oosthuizen's post ... See MoreSee Less
View on Facebook
Photos from Suzette Oosthuizen's post ... See MoreSee Less
View on Facebook