logosKemptonpark

Ons Plek Kemptonpark

logosKemptonpark

ONS PLEK KEMPTONPARK

Gedurende Augustus 2022 verwelkom Solidariteit Helpende Hand Ons Plek vir Kabouterpaleis Kleuterskool in Kempton Park as deel van die familie. Die kleuterskool is in 1949 met 20 leerders geopen. In 1959 het die skool na die huidige perseel geskuif wat deur daardie tyd se munisipaliteit geskenk is. In 1970 is die aangrensende perseel aangeskaf as gevolg van die toename in leerders.

Ons vier ons hier wees, hande vat, omgee, gedeelde drome en groter visie. Saam is ons soveel sterker! Ons glo in opvoeding, opleiding, beskerming en versorging in Afrikaans. Ons leef ons geloof uit en is trots op ons taal en kultuur. Ons Plek Kempton Park is 'n opvoedkundige gemeenskapsprojek. As ons kinders gelukkig is, versterk dit ons gesinne en ontwikkel dit tot 'n gesonde gemeenskap.

Kabouterpaleis is 'n pragtig toegeruste kleuterskool met ruim speelareas buite onder groot, groen koeltebome en ons vrolike klaskamers bied genoeg spasie vir speel, lag en leer.

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek Kempton Park is 'n kleuterskool en naskoolsentrum wat fokus op gehalte-onderrig in Afrikaans. Hier is almal wenners en kan hulle potensiaal bereik ten spyte van hulle ekonomiese agtergrond. Ons bied 'n veilige atmosfeer met Christelike waardes vir kinders uit die Afrikaner-kultuurgemeenskap.

Ons Plek Kempton Park is 'n gemeenskapsprojek. Lede van die gemeenskap dra by tot die volhoubaarheid van die diens en help om vir elke kind voorspoed te verseker. Hier gaan jy baie van jouself leer hou en jou persoonlikheid en talente uitbou.

Ontmoet ons personeel

WhatsApp Image 2025-03-18 at 11.07.11

Este Cilliers

Skoolhoof: Ons Plek Kempton Park
WhatsApp Image 2025-03-18 at 11.07.08

Ronel Bam

Onderwyseres
WhatsApp Image 2025-03-18 at 11.07.17 (1)

Helen Ratau

Assistent
WhatsApp Image 2025-03-18 at 11.07.19

Michelle van der Westhuizen

Tydelike Assistent
WhatsApp Image 2025-03-18 at 11.07.14

Georgette Calitz

Kok
WhatsApp Image 2025-03-18 at 11.07.21

Ruth Ntini

Skoonmaker
WhatsApp Image 2025-03-18 at 11.07.16

AndrΓ© Calitz

Nutsman/Sekuriteit

Artikels

Kultuurkleuterskole se plek in n vinnig ontwikkelende wΓͺreld!

My kind moet kan droom in Afrikaans, Saterdae aande kan saam braai met regte hout en Sondae langs my op die kerkbank sit, hy moet kaalvoet kan rondhardloop, FAK liedjies kan sing by die skool, trots wees op die Voortrekkers en bekend wees met volksverhale wat vertel word in klaskamers en kuiers saam met vriende. …

Lees meer...

Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Kemptonpark

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek - Kemptonpark

467

Ons Plek: Kempton Park is 'n Afrikaanse, Christelike kleuterskool vir kleuters tussen 4 maande en 5 jaar oud en 'n naskoolsentrum vir laerskoolkinders. Hier kan kleintjies en groter kinders nog kind wees en elke oomblik geniet.

Minder ReΓ«ls. Meer Hart.Ons kinders kyk nie net na wat ons sΓͺ nie – hulle kyk na wat ons doen. As ouers is ons hulle eerste voorbeeld van reg en verkeerd. En as ons daardie voorbeeld reg stel, hoef ons nie so baie reΓ«ls in plek te hΓͺ nie.Dis eenvoudig:As waardes diep in jou kind se hart kom lΓͺ, raak dit hulle kompas vir besluite. Dan volg hulle nie net reΓ«ls nie – hulle verstaan hoekom iets reg is, en kies self om reg te leef.’n Paar waarhede:Leef wat jy glo: As jy liefde, eerlikheid en respek uitleef, leer jou kind dit natuurlik aan.Wees eg: Jy hoef nie perfek te wees nie. Wys jou kind hoe om reg te maak as jy verkeerd was.Geloof in aksie: Laat jou kind sien hoe jy op God vertrou en Hom volg – dit bou karakter wat blywend is.Tyd spel liefde: in die geharwar, besigwees, take uitvoer, gaan staan net Ε„ oomblik stil en luister.Minder vingerwys, meer hartwys: Soms het hulle nie ’n nuwe reΓ«l nodig nie – net ’n bietjie liefde, leiding en genade. En soms net Ε„ genadespasie vir foute gemaak.Jesus het nie gekom met ’n lys reΓ«ls nie – Hy het ons geleer om met ’n nuwe hart te leef. Kom ons gee daardie voorbeeld vir ons kinders. ... See MoreSee Less
View on Facebook
πŸŽ‰πŸŒΈ Gelukkige Verjaarsdag, Helen! πŸŒΈπŸŽ‰Vandag vier ons die verjaarsdag van ons geliefde babaklas-juffrou, Mamma Helen! πŸ₯³πŸŽ‚ Sy is β€˜n ware kind van God, met β€˜n sagte hart en β€˜n eindelose liefde vir ons kleintjies. Haar geduld, omgee en sagtheid maak haar onmisbaar by Ons Plek Kempton Park. πŸ’›βœ¨Laat ons haar hierdie naweek spesiaal laat voel deur haar in ons gebede te dra en haar Maandag met β€˜n vriendelike groet en β€˜n warm glimlag te bederf. πŸ˜ŠπŸ’Gelukkige verjaarsdag, Juffrou Helen! Mag jou jaar gevul wees met seΓ«n, liefde en vreugde! πŸ™πŸŽπŸŽŠ ... See MoreSee Less
View on Facebook
Photos from Solidariteit Helpende Hand Ons Plek Nasionaal's post ... See MoreSee Less
View on Facebook
πŸŒžπŸŽ¨πŸƒβ€β™‚οΈ Vakansiepret by Solidariteit Helpende Hand se Ons Plek Kempton Park! πŸƒβ€β™€οΈπŸŽΆπŸŒžWat β€˜n wonderlike week vol leer, lag en liedjies! 🧑🎢 Van opgewonde gesiggies tydens Boeresport-dag, tot β€˜n heerlike piekniek onder die son, en kreatiewe kunswerke op Kreatiewe Fantasie-dag – elke oomblik was gevul met vreugde en nuwe ontdekkings! πŸ₯ͺ🎨Ons kinders het geleer hoe om saam te speel, saam te werk en met hart herinneringe te bou. πŸ’›βœ¨ Dankie aan ons fantastiese personeel en ouers wat gehelp het om hierdie vakansieprogram so spesiaal te maak! πŸ’πŸ‘€ Hou ons blad dop vir meer opwindende aktiwiteite en maniere waarop jy betrokke kan raak! πŸ’™#OnsPlekKemptonPark #BouSaam #handvanhoop #MetHart #uitnemendheid #vakansiepret #liedjiesenlag #grootwordmetglimlag ... See MoreSee Less
View on Facebook
Maak lees lekker – Γ©n maak 'n verskil! πŸ“šπŸŒˆDis skoolvakansie! Verras jou kinders met 'n spesiale boekie wat nie net leespret bring nie, maar ook 'n kind by Helpende Hand Ons Plekke ondersteun.Kry joune vandag en help borg #leesiskragt#borgnmaatjieI#MaaknVerskilaatjie #MaaknVerskil ... See MoreSee Less
View on Facebook
πŸ“’ Vakansiepret by Solidariteit Helpende Hand se Ons Plek Kempton Park! πŸŽ‰β˜€οΈLiewe Ouers en Gemeenskap,Die skool mag vakansie hou, maar by Ons Plek Kempton Park is dit tyd vir pret, speletjies en avontuur! πŸ€©πŸŽ¨πŸš΄β€β™‚οΈSluit aan by ons vakansieprogram en gee jou kind die geleentheid om te leer, speel en lag saam met maatjies! Hier is ons opwindende program:πŸ“† Maandag 31 Maart – Boeresport dag πŸƒβ€β™€οΈπŸ†πŸ“† Dinsdag 1 April – Fliek dag πŸŽ¬πŸΏπŸ“† Woensdag 2 April – Piekniek dag 🌳πŸ₯ͺπŸ“† Donderdag 3 April – Kreatiewe Fantasie πŸŽ¨βœ¨πŸ“† Vrydag 4 April – Fietsie Pret Dag πŸš΄β€β™‚οΈπŸŽ‰πŸŽŸ Koste:πŸ‘§πŸ‘¦ Ingeskrewe Ons Plek leerders – GRATIS!🚸 Ander kinders is baie welkom teen slegs R70 per dag.πŸ“ž Besprekings & navrae:Kontak EstΓ© Cilliers πŸ“² 078 161 1655 of WhatsApp πŸ“© 072 447 0786βœ‰οΈ [email protected]πŸ’™ Gee jou kind β€˜n vakansie vol avontuur, nuwe vriendskappe en lekker herinneringe!#VakansiePret #BouSaam #HandVanHoop #KindersEerste #Geborgenheid #Tradisies #OnsPlekKemptonPark #Welstand ... See MoreSee Less
View on Facebook
πŸ’™βœ¨ Eer aan β€˜n Prinses van God – Bianca Oosthuyzen! βœ¨πŸ’™Vandag vier ons Maatskaplike Werkersdag, en ons wil β€˜n spesiale oomblik neem om ons ongelooflike Bianca Oosthuyzen te eer! πŸŒΏπŸ’–Bianca, jy is soveel meer as net β€˜n maatskaplike werker vir Solidariteit Helpende Hand se Ons Plek Kempton Park – jy is β€˜n ligdraer, β€˜n ondersteuner en β€˜n ware seΓ«n vir ons kinders en hul gesinne. πŸ’«Jy is altyd beskikbaar, gewillig en bekwaam om te help. Wanneer jy nie self β€˜n antwoord het nie, soek jy een, want jou hart is groot genoeg om vir almal werklik om te gee. Jy is β€˜n Prinses van God, geroep om hoop en liefde uit te dra. πŸ‘‘πŸ’›πŸ“– β€œDie Here is naby die gebrokenes van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees.” – Psalm 34:18Bianca, ons waardeer en eer jou vandag vir die werk wat jy doen en die liefde waarmee jy dit doen. Mag jy altyd die vrug van jou harde werk sien en weet hoe kosbaar jy is! πŸŒΈπŸ™Laat ons almal saam dankie sΓͺ vir hierdie wonderlike vrou wat soveel vir ons kinders beteken! πŸ’™#MaatskaplikeWerkersDag #DankieBianca #HandVanLiefde #HandVanHoop #OnsPlekKemptonPark #ToekomsBouers #GeseΓ«ndOmTeGee ... See MoreSee Less
View on Facebook
πŸΆπŸ’™ Braaf die Boerboel kuier by Ons Plek Kempton Park! πŸŽ‰πŸ“–Vandag was β€˜n baie spesiale dag by Ons Plek Kempton Park, want ons het β€˜n belangrike gas gehad – Braaf die Boerboel, Helpende Hand se geliefde troeteldiervriend! 🐾🐢Braaf het ons kinders drie wyshede oor dapper wees geleer:1️⃣ Dit is braaf om mekaar te help. 🀝2️⃣ Dit is braaf om te deel. πŸͺ3️⃣ Dit is braaf om te praat. πŸ—£οΈOns het eers die storie van Braaf die Boerboel gelees, toe gedans en gespeel, en elke kind het β€˜n malvalekker geniet en β€˜n prentjie van Braaf gekry om in te kleur. πŸ–οΈπŸŽ¨ Dit was soveel leerpret vir almal!β€˜n Groot dankie aan Tannie Ella Pieterse, wat vir Braaf gebring het en ons kinders herinner het om braaf genoeg te wees om vir mekaar te bid. πŸ™πŸ’› Ook β€˜n spesiale dankie aan ons wonderlike personeel en kinders wat hierdie spesiale oomblikke moontlik maak. 🌟Wil jy hΓͺ jou kind moet ook speel, leer en groei in geloof? Kom word deel van Ons Plek Kempton Park! πŸ’™πŸ“ž Kontak EstΓ© Cilliers:πŸ“± 078 161 1655 | πŸ“² WhatsApp: 072 447 0786 | πŸ“§ [email protected]#braafdieboerboel #braafinchristus #dapperendeel #LeerMetPret #OnsPlekKemptonPark #welstand #saamisonssterker ... See MoreSee Less
View on Facebook
πŸ“œ Ons Erfdeel, Ons Taal, Ons Trots! 🏹πŸ₯§Vandag by Ons Plek Kempton Park het ons kinders β€˜n belangrike stuk van ons geskiedenis ontdek – die Slag van Majuba (27-28 Feb 1881), waar die Boere se vasberadenheid en geloof β€˜n merk op ons erfenis gelaat het. πŸ”οΈπŸ’ͺOm ons Afrikaanse kultuur verder te vier, het ons ook heerlike melktert geniet, want wat is beter as β€˜n stukkie geskiedenis saam met β€˜n stukkie soet tradisie? πŸ₯§β€οΈDis vir ons belangrik om ons kinders te leer oor ons erfenis, want as ons ons geskiedenis verstaan, bou ons β€˜n sterker toekoms! 🌱✨Wil jy hΓͺ jou kind moet ook grootword met β€˜n liefde vir ons taal, kultuur en waardes? Kom kuier by Ons Plek Kempton Park! πŸ’™πŸ“ž Kontak EstΓ© Cilliers:πŸ“± 078 161 1655 | πŸ“² WhatsApp: 072 447 0786 | πŸ“§ [email protected]#slagvanmajuba #Melktertdag #afrikaanseerfenis #OnsPlekKemptonPark #taalentrots #geskiedenisleef #welstand ... See MoreSee Less
View on Facebook
πŸ™πŸŒŸ God se liefde straal by Ons Plek Kempton Park! πŸŒŸπŸ™Vrydag, 21 Februarie, het ons β€˜n pragtige kerkdiens gehad saam met Pastoor Ewald Viljoen – of soos ons maatjies hom ken, Coach Ewald! β›ͺπŸ’– Sy hart klop naby aan God, en ons is so geseΓ«nd dat hy hierdie jaar ons kinders gaan leer oor Dawid se storie deur maandelikse kerkdienste. πŸŒΏπŸ“–Wat β€˜n voorreg om ons kinders van jongs af te leer oor God se eindelose liefde en genade! πŸ’•βœ¨ Ons skep nie net β€˜n fondasie vir leer en groei nie, maar ook vir geloof en hoop. πŸŒ±πŸ™ŒWil jy hΓͺ jou kind moet groei in β€˜n omgewing gevul met liefde, waardes en geloof? Skryf hulle vandag in en laat hulle nie net slim nie, maar ook sterk in hul geloof word! πŸŒˆπŸ’‘πŸ“ž Kontak ons vir inskrywings! πŸ“žπŸ‘©β€πŸ« EstΓ© CilliersπŸ“± Selfoon: 078 161 1655πŸ’¬ WhatsApp: 072 447 0786 ... See MoreSee Less
View on Facebook
WΓͺreld Moedertaaldag: Viering van Taal en IdentiteitElke jaar op 21 Februarie vier ons WΓͺreld Moedertaaldag, ’n dag wat die belangrikheid van moedertale beklemtoon en die waarde van taalverskeidenheid vier. Hierdie dag, wat in 1999 deur UNESCO ingestel is, herinner ons daaraan dat taal nie net ’n kommunikasie-instrument is nie, maar die draer van kultuur, identiteit en geskiedenis.’n Moedertaal is die eerste taal wat ’n mens leer en waarin jy dink, droom en jouself die natuurlikste uitdruk. Dit speel ’n deurslaggewende rol in vroeΓ« kognitiewe ontwikkeling, leerprosesse en selfs emosionele welstand. β€œAs jy met ’n man in ’n taal praat wat hy verstaan, spreek jy tot sy verstand. As jy met hom in sy moedertaal praat, spreek jy tot sy hart.”Die behoud van moedertale is noodsaaklik, aangesien talle kleiner tale uitsterf weens globalisering en sosiale druk. Dit beteken dat kulturele erfenis verlore gaan. Iemand het die opmerking gemaak: β€œAs ’n taal uitsterf, verloor ons ’n manier om die wΓͺreld te sien.” Dit is waarom dit so belangrik is om Afrikaans, sowel as ander inheemse tale, te koester en oor te dra aan die volgende geslagte.In skole en gesinne moet ons aktief ons moedertale praat, lees en skryf. Deur boeke, musiek en stories in ons eie taal te deel, help ons om ons kultuur lewendig te hou. WΓͺreld Moedertaaldag herinner ons daaraan dat elke taal waardevol is en dat dit ons verantwoordelikheid is om ons taal en tradisies te bewaar. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Photos from Solidariteit Helpende Hand Ons Plek Nasionaal's post ... See MoreSee Less
View on Facebook
Ons rede vir ouerskap is om te lei, op te voed, te onderrig, lief te hΓͺ en om gesag uit te oefen. Doen dit op so Ε„ wyse dat jou kind jou hart hoor in plaas van jou stemtoon. Wanneer jy glo dat more se sukses van vandag se optrede afhang, sal jy vandag anders sien. ... See MoreSee Less
View on Facebook
Ons kleuterskool en naskooldiens bied 'n wonderlike geleentheid vir jongmense om 'n verskil te maak in kinders se lewens. As jy passievol is oor kinders, energiek en betroubaar is, nooi ons jou uit om deel te wees van ons span. Hierdie ervaring sal jou nie net vreugde bring nie, maar ook waardevolle vaardighede en ondervinding bied. Kom help ons om 'n veilige, liefdevolle en stimulerende omgewing vir ons kleuters en leerders te skep! Kontak ons vandag nog vir meer inligting. ... See MoreSee Less
View on Facebook
πŸŒŸπŸ‘§πŸ§‘ Maak β€˜n verskil by Ons Plek Kempton Park! πŸ§‘πŸ‘§πŸŒŸIs jy β€˜n jong student of matrikulant met β€˜n passie vir kinders en β€˜n hart wat wil gee? πŸ’– By Ons Plek nooi ons jou uit om deel te wees van iets buitengewoon spesiaal – gee jou tyd, bou jou ervaring en ervaar die vreugde van omgee! πŸŒˆβœ¨πŸ’‘ Wat bied ons?βœ… β€˜n Kans om praktiese ervaring op te bou in β€˜n liefdevolle omgewing πŸ‘βœ… Selfontwikkeling deur interaksie met kinders en mentors πŸŒ±βœ… Die ongelooflike gevoel van vreugde wanneer jy β€˜n glimlag op β€˜n kind se gesig sit! πŸ₯°πŸ’– Jou tyd en liefde maak β€˜n verskil! Sluit aan by ons span en help om β€˜n wΓͺreld vol laggies en leer te bou!πŸ“ž Kontak ons vandag nog! πŸ“žπŸ‘©β€πŸ« EstΓ© CilliersπŸ“± Selfoon: 078 161 1655πŸ’¬ WhatsApp: 072 447 0786πŸ“§ E-pos: [email protected]#MaaknVerskil #GeeMetLiefde #speelisleer #bouervaring #ToekomsBouers #welstand #OnsPlekKemptonPark #laggiesenleer ... See MoreSee Less
View on Facebook
πŸ‘πŸ”πŸŽ€ Poppepret by Ons Plek Kempton Park! πŸŽ€πŸ”πŸ‘Vandag glimlag ons kindertjies van oor tot oor met ons nuutste toevoeging tot die speelarea – β€˜n pragtige poppehuis, "Heitza Diner"! πŸ˜πŸŽ‰Hierdie spesiale geskenk kom van die wonderlike onderwysstudente by Akademia, wat met soveel liefde en sorg kreatiewe speelhuise gemaak het vir kleuterskole in ons gemeenskap. πŸ’•πŸŽ“ Ons is oorweldig deur dankbaarheid vir hierdie pragtige skenking – en ons maatjies kan nie wag om te bestel, bedien en speel in hul eie klein restaurante nie! πŸŸπŸ•πŸ‘©β€πŸ³πŸ’– Speel is die eerste stap na leer, en ons is sΓ³ dankbaar vir elke hand wat help bou aan ons kinders se toekoms!’n Spesiale dankie aan die lede van AfriForum en almal in ons gemeenskap wat gehelp het met die groot taak om hierdie speelhuis af te lewer – julle moeite en ondersteuning maak β€˜n verskil in klein hartjies! πŸš›πŸ’ͺ🎁Baie dankie, Akademia en AfriForum, vir julle groot harte en harde werk – ons gaan hierdie speelhuis koester en geniet! 🌟#SpeelIsLeer #DroomGroot #HeitzaDinerPret #GrootwordMetGlimlaggies #Welstand #Akademia #AfriForum #Dankbaar #OnsPlekKemptonPark #GemeenskapSaamSterk ... See MoreSee Less
View on Facebook
❀️🎨πŸͺ Liefde ken geen ouderdom by Ons Plek Kempton Park! πŸͺ🎨❀️Ons het seker gemaak dat nie net ons kleuters nie, maar ook ons oulikste nasorgkinders β€˜n spesiale Valentynsdag beleef! πŸ₯°πŸ’ŒπŸŽ¨πŸ’• Ons nasorgkinders het pragtige handgemaakte kunswerkies geskep om vir Mamma en Pappa te wys hoeveel hulle waardeer word! 🎁✨πŸͺπŸ‘©β€πŸ³ En natuurlik kon hulle ook nie die soettandpret misloop nie! Ons het hartvormige koekies versier! πŸ˜‹πŸŽŠLiefde is iets wat ons elke dag vier by Ons Plek – deur sorg, vriendelikheid en β€˜n lekker bietjie Bak & Brou! πŸ‘πŸ’–πŸ’ŒπŸ‘¦πŸ‘§ Wil jy hΓͺ jou kind moet ook deel wees van β€˜n plek waar hulle gekoester en ontwikkel word? Kontak ons vir inskrywings!πŸ“ž EstΓ© CilliersπŸ“± Selfoon: 078 161 1655πŸ’¬ WhatsApp: 072 447 0786πŸ“§ E-pos: [email protected]#ValentynsPret #NasorgMetLiefde #SpeelIsLeer #BakEnBrou #GrootwordMetGlimlaggies #Welstand #OnsPlekKemptonPark ... See MoreSee Less
View on Facebook
❀️🎨πŸͺ Liefde is in die lug by Ons Plek Kempton Park! πŸͺ🎨❀️Vandag het ons klein hartjies klop-klop van opgewondenheid, want ons het Valentynsdag op die mooiste manier gevier! πŸ’•βœ¨πŸŽ¨πŸ’Œ Ons maatjies het pragtige kunswerkies gemaak om vir Mamma en Pappa te wys hoe lief hulle vir hulle is! πŸ‘©β€πŸ‘§β€πŸ‘¦πŸŽπŸͺπŸ‘©β€πŸ³ En natuurlik – wat is liefde sonder β€˜n bietjie soetigheid? Ons het lekker hartvormige koekies versier met rooi versiersuiker… en dalk sommer te veel geproe ook! πŸ˜‹πŸ“πŸŽŠOns skep herinneringe, bou liefde en leer deur kreatiwiteit en pret! πŸ₯° Dankie aan ons wonderlike juffrouens wat hierdie spesiale dag nog mooier gemaak het!πŸ’ŒπŸ‘Ά Wil jy hΓͺ jou kind moet ook leer en groei in β€˜n liefdevolle omgewing? Kontak ons vir inskrywings!πŸ“ž EstΓ© CilliersπŸ“± Selfoon: 078 161 1655πŸ’¬ WhatsApp: 072 447 0786πŸ“§ E-pos: [email protected]#valentynspret #kleuterliefde #speelisleer #bakenbrou #grootwordmetglimlaggies #welstand #OnsPlekKemptonPark ... See MoreSee Less
View on Facebook
πŸŒŸπŸƒβ€β™‚οΈπŸ’ƒ Pret + Ontwikkeling = Gelukkige Kinders by Ons Plek Kempton Park! πŸ’ƒπŸƒβ€β™‚οΈπŸŒŸBy Ons Plek gaan ons ’n stap verder om vir ons kindertjies β€˜n holistiese leerervaring te gee! 🌱✨ Buiten ons liefdevolle klaskameraktiwiteite, bied ons ook fantastiese buitemuurse programme aan wat help met fisiese, sosiale en kognitiewe ontwikkeling! πŸ†πŸ“šπŸ©° DansMouse – Vir klein dansvoete wat ritme en selfvertroue bou! πŸ’ƒπŸŽΆπŸ€Έβ€β™‚οΈ Catrobatkidz – Waar kleintjies hul groot motoriese vaardighede ontwikkel deur pret aktiwiteite! πŸ€Ήβ€β™‚οΈπŸ‹οΈβ€β™‚οΈβš½ Soccer Starz – β€˜n wonderlike manier om spanwerk en fiksheid te bevorder deur sokker! βš½πŸ…Met hierdie opwindende programme kry jou kind die beste begin in die lewe – terwyl hulle speel en leer! πŸ‘πŸ’–πŸ“’ Skryf jou kind in vir 2025 en gee hulle die kans om te groei, leer en floreer! πŸŒˆβœ¨πŸ“ž Kontak ons vir meer inligting! πŸ“žπŸ‘©β€πŸ« EstΓ© CilliersπŸ“± Selfoon: 078 161 1655πŸ’¬ WhatsApp: 072 447 0786πŸ“§ E-pos: [email protected]#SpeeIsLeer #HolistieseOntwikkeling #GrootwordMetGlimlaggies #KleuterPret #ToekomsBouers #KinderGeluk #Welstand #OnsPlekKemptonPark #2025 ... See MoreSee Less
View on Facebook