Ons Plek Horison is ʼn naskoolsentrum wat in 2022 in Roodepoort gevestig is nadat navorsing daarop gedui het dat daar 'n behoefte aan meer bekostigbare nasorg is. Kinders ontvang daagliks 'n gekookte ete as hulle van die skool af kom asook peuselhappies gedurende die middag. Vakansieprogramme word teen geen ekstra koste vir ingeskrewe leerders aangebied.
Solidariteit Helpende Hand Ons Plek Horison is ʼn gemeenskapsprojek wat aan spesifieke regulasies voldoen.
Solidariteit Helpende Hand Ons Plek Horison bied die volgende naskooldienste aan kinders:
- Huiswerkhulp van hoë gehalte
- Hulp met voorbereiding vir toetse en eksamens
- Gebalanseerde maaltye
- Toegang tot Wolkskool
- Verwysing vir terapeutiese dienste
- Vervoer
- Vakansieprogramme
Skoolfooie:
- Eenmalige registrasiefooi – R100
- Maandelikse skoolfooi – R550
- Dagtarief vir besoekers – R50
Subsidies is beskikbaar.
Skooltye: 13:00-17:00
Wagklasse van 17:00-17:30
Die bestuurder werk op die skoolterrein en verseker so persoonlike betrokkenheid by die kinders en skool.
BANKBESONDERHEDE
Rekeningnaam: Ons Plek en Sentrums Helpende Hand NPC
Rekeningnommer: 6300 322 9689
Takkode: 252 445
Verwysing: Jou naam en van
Ontmoet ons personeel


Artikels
My kind moet kan droom in Afrikaans, Saterdae aande kan saam braai met regte hout en Sondae langs my op die kerkbank sit, hy moet kaalvoet kan rondhardloop, FAK liedjies kan sing by die skool, trots wees op die Voortrekkers en bekend wees met volksverhale wat vertel word in klaskamers en kuiers saam met vriende. …
Lees meer...Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie
Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum
Ons Sentrum bied terapie aan kinders en hulle gesinne wat deur enige vorm van trauma gaan
This content isn't available right now
When this happens, it's usually because the owner only shared it with a small group of people, changed who can see it or it's been deleted.Solidariteit Helpende Hand Waarde Aanbod Onderhoud: Suzette en René
youtu.be
Suzette Oosthuizen, hoof van Sentrums en Nasionale Strukture gesels met René Roux, bestuurshoof van media oor die Solidariteit Helpende Hand Ons Plekke en O...Terapie: Vangnet vir ʼn kind se emosies - Maroela Media
maroelamedia.co.za
Ons Sentrum verleen daagliks terapeutiese dienste aan kinders wat deur trauma geraak word. Indien hulle genesing anderkant swaarkry kan vind, skep ons weer hoop en bou ʼn bruggie na ʼn mooier toekoms.Solidariteit Helpende Hand Kinderbeskermingsweek Paneel Gesprek 2025
youtu.be
In Suid-Afrika is Kinderbeskermingsweek jaarliks die laaste week van Mei en die eerste week van Junie. Dit is 'n belangrike geleentheid wat daarop gemik is o...