Ons Plek Horison is ʼn naskoolsentrum wat in 2022 in Roodepoort gevestig is nadat navorsing daarop gedui het dat daar 'n behoefte aan meer bekostigbare nasorg is. Kinders ontvang daagliks 'n gekookte ete as hulle van die skool af kom asook peuselhappies gedurende die middag. Vakansieprogramme word teen geen ekstra koste vir ingeskrewe leerders aangebied.
Solidariteit Helpende Hand Ons Plek Horison is ʼn gemeenskapsprojek wat aan spesifieke regulasies voldoen.
Solidariteit Helpende Hand Ons Plek Horison bied die volgende naskooldienste aan kinders:
- Huiswerkhulp van hoë gehalte
- Hulp met voorbereiding vir toetse en eksamens
- Gebalanseerde maaltye
- Toegang tot Wolkskool
- Verwysing vir terapeutiese dienste
- Vervoer
- Vakansieprogramme
Skoolfooie:
- R110 eenmalige aansluiting
- R660 vir eerste kind
- R600 vir die tweede kind
- R60 vir die vakansieskool
- R250 per maand per kind
Subsidies is beskikbaar.
Skooltye: 13:00-17:00
Wagklasse van 17:00-17:30
Die bestuurder werk op die skoolterrein en verseker so persoonlike betrokkenheid by die kinders en skool.
BANKBESONDERHEDE
Rekeningnaam: Ons Plek en Sentrums Helpende Hand NPC
Rekeningnommer: 6300 322 9689
Takkode: 252 445
Verwysing: Jou naam en van
Ontmoet ons personeel
Artikels
My kind moet kan droom in Afrikaans, Saterdae aande kan saam braai met regte hout en Sondae langs my op die kerkbank sit, hy moet kaalvoet kan rondhardloop, FAK liedjies kan sing by die skool, trots wees op die Voortrekkers en bekend wees met volksverhale wat vertel word in klaskamers en kuiers saam met vriende. …
Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie
Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum
Ons Sentrum bied terapie aan kinders en hulle gesinne wat deur enige vorm van trauma gaan
‘Kinderbeskerming begin by gesinne, nie in die hof’ - Maroela Media
maroelamedia.co.za
Suzette Oosthuizen, hoof van sentrums en nasionale strukture by Solidariteit Helpende Hand, benadruk dat ʼn samelewing wat sy kinders beskerm uiteindelik sy eie toekoms beskerm.
