logosDerdepoort

Ons Plek Derdepoort

logosDerdepoort

ONS PLEK DERDEPOORT

In 2016 open die deure van Ons Plek Derdepoort met 30 kinders op die gronde van die Gereformeerde Kerk Derdepoort. Tans is daar 4 personeellede en 75 naskoolkinders. Hierdie kinders word daagliks van 11 skole na die Ons Plek vervoer, van 'n heerlike middagete voorsien en met huiswerk en take ondersteun. Een maal ʼn week is daar 'n Ons Handjies-speelgroep vir 7 kleuters en hulle ouers. Ons Solidariteit Helpende Hand-maatskaplike werkers voorsien ook weekliks terapeutiese dienste waar benodig. Vakansieprogramme is die hoogtepunt van elke kwartaal!

Hierdie noodsaaklike diens word moontlik gemaak deur ondersteuners en donasies vanuit ons gemeenskap. Dankie ook aan die Ons Winkels wat hierdie diens finansieel ondersteun.

Ons Plek Derdepoort fokus daarop om vir Afrikaanse kinders in die gemeenskap ʼn naskool-heenkome te bied waar hulle vry, veilig en voorspoedig kan wees. Derdepoort bedien graad R tot graad 12-kinders van Laerskool Derdepoort, Laerskool Voorpos, Laerskool Totiusdal, Sonitusskool vir hardhorende leerders, Hoërskool Transvalia (buitengewone onderrig), Hoërskool Oos-Moot, Hoërskool John Vorster en Hoërskool FH Odendaal.

Ons Plek Derdepoort bied die volgende naskooldienste aan kinders:

  • Vervoer van kinders vanaf die onderskeie skole na die Ons Sentrum
  • ʼn Heerlike gekookte ete
  • Huiswerkhulp
  • Hulp met voorbereiding vir eksamens, assesserings en toetse
  • Ekstra klasse
  • Wolkskool
  • Terapie
  • Liggaamlike oefeninge
  • Vakansiekaperjolle

Hoe kan jy as vrywilliger betrokke raak by ’n Ons Plek?

  • Help met huiswerk.
  • Help met tikwerk en die opstel van toetse en memorandums.
  • Raak betrokke op verskeie finansiële gebiede.

 

Tye gedurende skoolkwartale: Maandag tot Donderdag: 08:00-17:30
Vrydag: 08:00-17:00

Tye gedurende skoolvakansies: Maandag tot Donderdag: 07:00-17:30
Vrydag: 07:00-17:00

Ontmoet ons personeel

Elize_Foto

Elize Bezuidenhout

Sentrumbestuurder
[email protected]

082 772 1821
joanelle_Dreyer

Joanelle Dreyer

Huiswerkonderwyser en administratiewe assistent
Anke_Smit_Foto

Anke Smit

Huiswerkonderwyser en busbestuurder
Sylvia Mokone

Sylvia Mokone

Algemene assistent

Nuus vanuit ons streek

Ons Kombuis

Loer HIER na ons pryslys vir heerlike beskuit en koeksusters en plaas sommer nou jou bestelling!!

Artikels

Kultuurkleuterskole se plek in n vinnig ontwikkelende wêreld!

My kind moet kan droom in Afrikaans, Saterdae aande kan saam braai met regte hout en Sondae langs my op die kerkbank sit, hy moet kaalvoet kan rondhardloop, FAK liedjies kan sing by die skool, trots wees op die Voortrekkers en bekend wees met volksverhale wat vertel word in klaskamers en kuiers saam met vriende. …

Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum

(opens in a new tab)
Page likes: 3,534

Ons Sentrum bied terapie aan kinders en hulle gesinne wat deur enige vorm van trauma gaan

Gedurende diep slaap herstel die liggaam en brein.Kinders wat genoeg gehalteslaap kry, konsentreer beter, leer makliker en hanteer emosies beter.'n Koel, donker, stil slaapkamer verbeter die slaapgehalte. ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Maak 'n direkte impak – een gesin, een kind, een gemeenskap op 'n slag.onssentrums.co.za/ons-#HelpendeHandl#onssentrumo#Werksynm #Werksyn ...
View on Facebook (opens in a new tab)
🌸 Hallo Lente! 🌸’n Nuwe seisoen vol kleur, groei en nuwe moontlikhede. Mag hierdie lente vir elkeen ’n bietjie ekstra vreugde bring! 🌼Selfs ons eie terapiehond, Mila, het seker gemaak sy vier die nuwe seisoen in styl! 🐾🌸#HelpendeHand #onssentrum #Werksyn ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Kosse soos piesangs, kiwivrugte, hawermout, jogurt, melk, neute en sade bevat voedingstowwe wat die liggaam help om melatonien en serotonien af te skei.Beperk suiker en kafeïen laatmiddag en saans om beter te slaap. ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Ons Sentrum verskaf bekostigbare terapie vir getraumatiseerde kinders en kinders in negatiewe emosionele omstandighede.Bemagtig dié wat dit die nodigste het.onssentrums.co.za/ons-sentrum/#HelpendeHand #onssentrum #Werksyn ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Photos from Solidariteit Helpende Hand Ons Plek Nasionaal's post ...
View on Facebook (opens in a new tab)
🧡 ’n Terugflits na Kongres 2026! 🧡Plus Een – met Hart.Plus Een – in Krag.Plus Een – tot Hoop. Dit was die tema van die drie dae van die Solidariteit Helpende Hand Kongres 2026 – drie dae van saamkuier, leer, groei en vorentoe kyk na die toekoms.Een van die spesiale oomblikke vir ons was toe die Ons Plek en Sentrum die geleentheid gekry het om ’n toneelstuk op te voer vir die Helpende Hand personeel en vrywilligers. Deur die toneelstuk het ons probeer om ’n kykie te gee in die wêreld van Ons Plek om op ’n kreatiewe manier te wys wat ons doen, waarom ons dit doen en watter verskil ons Sentrums elke dag in kinders se lewens maak. Natuurlik kon ons nie ’n Ons Plek-toneelstuk hê sonder ’n baie spesiale viervoetige ster nie! 🐾Mila, ons geliefde terapiehond, het ook haar verskyning gemaak en sommer ’n ekstra bietjie liefde en oulikheid na die verhoog gebring.Ons is ongelooflik trots op elkeen wat deel was van die optrede en wat gehelp het om die verhaal van Ons Plek met soveel hart te vertel.Ons was ook baie opgewonde om ’n Ons Plek-stalletjie by die Kongres te hê! Waar ons Ons Plek-hoedjies en boekies verkoop het, met die fondse wat aangewend word om ons kinders te ondersteun.Want wanneer ons Plus Een is, wanneer ons saamstaan, saamwerk en elkeen sy deel bring, kan ons soveel meer bereik. 🙌Ons gaan voort om met hart te dien, in krag te staan en tot hoop te bou. Dankie aan elke personeellid, vrywilliger en ondersteuner wat deel was van hierdie besondere Kongres. Dankie dat julle saam met ons glo in die potensiaal van elke kind. Ons Plek en Sentrum - waar ’n helpende hand vandag ’n beter môre help bou. 🧡#OnsPlek #onssentrum #HelpendeHand #kongres2026 #Werksyn ...
View on Facebook (opens in a new tab)
'n Konsekwente slaaproetine help kinders om veilig, rustig en gereed vir slaap te voel.Eenvoudige gewoontes stuur die sein na die brein dat dit tyd is om af te skakel.As dit elke aand herhaal word, bevorder dit slaap én emosionele welstand. ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Skep weer moed. Skep weer hoop. Die Ons Sentrum se terapeutiese dienste kan ons hulle wêreld verbeter. onssentrums.co.za/ons-sentrum/#HelpendeHand #onssentrum #Werksyn ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Ons Sentrum help kinders om emosioneel te herstel en hulle hoop te gee vir die toekoms.Jou bydrae maak 'n verskil:onssentrums.co.za/ons-sentr#HelpendeHande#onssentrumn#Werksynrksyn ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Maak 'n direkte impak op ons kinders se lewens. Raak hier betrokke: onssentrums.co.za/ons-sentr#HelpendeHande#onssentrumn#Werksynrksyn ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Skermtyd is nie net goed of sleg nie – dit gaan oor balans.Fokus op inhoud van goeie kwaliteit, tydsbestuur en gesonde gewoontes.Wees 'n rolmodel: Kinders doen wat ons doen, nie wat ons sê nie. ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Ons glo dat elke kind verdien om gehoor, verstaan en gehelp te word.By Ons Sentrum Terapie Sentrum in Pretoria-Noord stap ons daagliks 'n pad van hoop saam met kinders wat trauma beleef het. Benewens terapeutiese ondersteuning bied ons ook spelterapie, ouerverrykingsgroepe, opleiding en vakansieprogramme aan.Ons wil graag ons multidissiplinêre span uitbrei en is op soek na professionele vrywilligers wat hul kennis en gawes wil deel. Ons nooi veral:• Arbeidsterapeute• Spraakterapeute• Sielkundiges• Regskenners• En ander relevante professionele personeAs jy 'n passie het om 'n verskil in kinders se lewens te maak, nooi ons jou om deel van ons span te word.Kontak Shannin Milne by [email protected] vir meer inligting.Saam kan ons hoop herstel, trauma aanspreek en 'n blywende verskil in kinders se lewens maak. ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Ons Sentrum verskaf bekostigbare sosio-emosionele assesserings en terapeutiese dienste vir getraumatiseerde kinders en kinders in negatiewe emosionele omstandighede. Jou bydrae sal 'n verskil maak:onssentrums.co.za/ons-sent#HelpendeHande#onssentrumn#Werksynrksyn ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Die brein is steeds besig om te ontwikkel; dit maak balans belangrik.Die kwaliteit en konteks van skermgebruik maak 'n groot verskil.Kombineer skermtyd met beweging, geselskap en kreatiewe spel. ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Solidariteit Helpende Hand se handelsmerk weerspieël wie ons is en wat ons doen met trots.Beskerm saam ons handelsmerk.Alles wat jy moet weet. Só lyk ons handelsmerk.#HelpendeHand ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Deur skermtyd te monitor, kry jy insig in jou kinders se gewoontes.Dit help om gesonde perke te stel en betekenisvolle gesprekke te hê.Die doelwit is nie om skerms te verbied nie, maar om dit bewustelik te gebruik. ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Ouderdomsgeskikte riglyne help kinders om gesond te ontwikkel.Te veel skermtyd kan slaappatrone, konsentrasie en gedrag beïnvloed.Gebruik riglyne as 'n beginpunt, maar neem jou kind se unieke behoeftes in ag. ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Een van die lekkerste dele van ons werk is om tyd saam met ons kinders deur te bring!Vandag het die span van Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum by Ons Plek Naboomspruit gaan kuier. Wat 'n voorreg om saam met sulke oulike kinders, toegewyde personeel en wonderlike vrywilligers te wees!Ons terapiespan – Shannon, Mischa en Mareli – het die kinders op 'n prettige en interaktiewe manier geleer oor emosies en wat om te doen wanneer "Kwaaimeraai" in jou lyf kom sit. Dit was goed voorbereide sessies vol waardevolle lewenslesse vir klein én groot.Baie dankie aan Berni, Jo-Anne, Lineze, tannie Lizette en die hele span van Ons Plek Naboomspruit vir julle hartlike ontvangs. Dit is altyd 'n vreugde om by julle te kuier. ...
View on Facebook (opens in a new tab)

2 months ago

Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum
Maak 'n direkte impak op ons kinders se lewens. Raak hier betrokke: onssentrums.co.za/ons-sentr#HelpendeHande#onssentrumn#Werksynrksyn ...
View on Facebook (opens in a new tab)