In 2016 open die deure van Ons Plek Derdepoort met 30 kinders op die gronde van die Gereformeerde Kerk Derdepoort. Tans is daar 4 personeellede en 75 naskoolkinders. Hierdie kinders word daagliks van 11 skole na die Ons Plek vervoer, van 'n heerlike middagete voorsien en met huiswerk en take ondersteun. Een maal ʼn week is daar 'n Ons Handjies-speelgroep vir 7 kleuters en hulle ouers. Ons Solidariteit Helpende Hand-maatskaplike werkers voorsien ook weekliks terapeutiese dienste waar benodig. Vakansieprogramme is die hoogtepunt van elke kwartaal!
Hierdie noodsaaklike diens word moontlik gemaak deur ondersteuners en donasies vanuit ons gemeenskap. Dankie ook aan die Ons Winkels wat hierdie diens finansieel ondersteun.
Ons Plek Derdepoort fokus daarop om vir Afrikaanse kinders in die gemeenskap ʼn naskool-heenkome te bied waar hulle vry, veilig en voorspoedig kan wees. Derdepoort bedien graad R tot graad 12-kinders van Laerskool Derdepoort, Laerskool Voorpos, Laerskool Totiusdal, Sonitusskool vir hardhorende leerders, Hoërskool Transvalia (buitengewone onderrig), Hoërskool Oos-Moot, Hoërskool John Vorster en Hoërskool FH Odendaal.
Ons Plek Derdepoort bied die volgende naskooldienste aan kinders:
- Vervoer van kinders vanaf die onderskeie skole na die Ons Sentrum
- ʼn Heerlike gekookte ete
- Huiswerkhulp
- Hulp met voorbereiding vir eksamens, assesserings en toetse
- Ekstra klasse
- Wolkskool
- Terapie
- Liggaamlike oefeninge
- Vakansiekaperjolle
Hoe kan jy as vrywilliger betrokke raak by ’n Ons Plek?
- Help met huiswerk.
- Help met tikwerk en die opstel van toetse en memorandums.
- Raak betrokke op verskeie finansiële gebiede.
Tye Maandae tot Vrydae gedurende skoolkwartale: 08:00-17:30
Tye Maandae tot Vrydae gedurende skoolvakansies: 07:00-17:30
Ontmoet ons personeel


Anzelica Steenkamp

Joanelle Dreyer

Mareli Freeman

Sylvia Mokone
Artikels
My kind moet kan droom in Afrikaans, Saterdae aande kan saam braai met regte hout en Sondae langs my op die kerkbank sit, hy moet kaalvoet kan rondhardloop, FAK liedjies kan sing by die skool, trots wees op die Voortrekkers en bekend wees met volksverhale wat vertel word in klaskamers en kuiers saam met vriende. …
Lees meer...Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie
Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum
Ons Sentrum bied terapie aan kinders en hulle gesinne wat deur enige vorm van trauma gaan
This content isn't available right now
When this happens, it's usually because the owner only shared it with a small group of people, changed who can see it or it's been deleted.Solidariteit Helpende Hand Waarde Aanbod Onderhoud: Suzette en René
youtu.be
Suzette Oosthuizen, hoof van Sentrums en Nasionale Strukture gesels met René Roux, bestuurshoof van media oor die Solidariteit Helpende Hand Ons Plekke en O...Terapie: Vangnet vir ʼn kind se emosies - Maroela Media
maroelamedia.co.za
Ons Sentrum verleen daagliks terapeutiese dienste aan kinders wat deur trauma geraak word. Indien hulle genesing anderkant swaarkry kan vind, skep ons weer hoop en bou ʼn bruggie na ʼn mooier toekoms.Solidariteit Helpende Hand Kinderbeskermingsweek Paneel Gesprek 2025
youtu.be
In Suid-Afrika is Kinderbeskermingsweek jaarliks die laaste week van Mei en die eerste week van Junie. Dit is 'n belangrike geleentheid wat daarop gemik is o...