Solidariteit Helpende Hand Ons Plek-inkleurboek
Die inkleurboek dra by tot Solidariteit Helpende Hand Ons Plek se StapSaam-fonds. Ons tema vir die inkleurboek is die Solidariteit Beweging. Die rede daarvoor is eenvoudig – hierdie beweging werk op verskeie plekke en deur verskeie instellings om vir ons mense 'n vry, veilige en voorspoedige toekoms te skep. Wanneer ons hierdie inkleurboek bekendstel in Kinderbeskermingsweek 2025 is daar soveel kinders wat nie vry en veilig is nie en met wie dit nie goed gaan nie. Jou aankoop van hierdie inkleurboek help ons om kinders te help. Dit help ons om strukture te skep, Ons Plekke te befonds, om 'n pad met kinders te stap.
Dankie dat jy saamstap. Dankie dat dit vir jou belangrik is. Vierhonderd kinders word daagliks in die Ons Plekke versorg. Dankie dat jy ons met jou aankoop van hierdie inkleurboek help om 400 lewens in te kleur.