OPOS_Logo_Blou_sirkel-01
OPOS_Logo_Blou_sirkel-01

Ons Plek vier uitnemendheid – Onderwyser van die Jaar 2026

By Solidariteit Helpende Hand Ons Plek glo ons dat ons juffrouens ’n besondere rol speel in die vorming van ons kinders se toekoms. Daarom vier ons in Oktober die toewyding, passie en uitnemendheid van ons Ons Plek-kleuterskool- en naskool juffrouens met die jaarlikse Ons Plek Onderwyser van die Jaar-toekenning.

Hierdie toekenning is ’n besondere erkenning aan ’n juffrou wat uitnemendheid uitleef en elke dag ’n betekenisvolle verskil in die lewens van ons kinders maak. Dit is ons manier om dankie te sê vir die liefde, geduld, kreatiwiteit en toewyding waarmee ons juffrouens elke dag hul roeping uitleef.

In Oktober vier ons nie net ’n wenner nie – ons vier elke Ons Plek-juffrou wat met haar hande werk, met haar hart dien en met haar voorbeeld ’n generasie vorm.

Want by Ons Plek glo ons: ’n juffrou plant vandag die saad van môre se toekoms.

KLEUTERSKOOL- EN NASKOOL-ONDERWYSER VAN DIE JAAR

Die doel van hierdie toekenning is om erkenning te gee aan onderwysers wat ons organisasie se waardes uitleef en 'n betekenisvolle verskil maak in kinders se lewens.

Naskoolonderwysers: Bepalings en voorwaardes

  1. Genomineerdes sal slegs oorweeg word indien die skakel volledig ingevul is.
  2. Die genomineerde moet reeds minstens 12 maande by Solidariteit Helpende Hand werksaam wees.
  3. Die aantal nominasies per persoon is onbeperk.
  4. Niemand onder 18 jaar mag aan die kompetisie deelneem nie.
  5. Die nomineerder is verantwoordelik om seker te maak die genomineerde is suksesvol geregistreer.
  6. Deelname aan die kompetisie impliseer die genomineerde aanvaar alle bepalings, reëls en voorwaardes.
  7. Genomineerdes stem in dat hul besonderhede op Solidariteit Helpende Hand se webwerwe mag verskyn.
  8. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
  9. Die wenners sal deur 'n paneel gekies word. Beslissings is finaal.
  10. Die wenners stem in om hul samewerking te gee en deel te neem aan al Solidariteit Helpende Hand se openbare en mediageleenthede wat met die kompetisie verband hou.
  11. Alle inskrywings word die eiendom van Solidariteit Helpende Hand maar die inligting sal vertroulik hanteer word en slegs vir Solidariteit Helpende Hand se gebruik wees.
  12. Deelname aan hierdie kompetisie veronderstel toestemming van die nomineerder en genomineerde om deur Solidariteit Helpende Hand gekontak te word.
  13. Solidariteit Helpende Hand is nie aanspreeklik vir enige tegniese fout wat daartoe kan lei dat 'n inskrywing nie suksesvol ingedien word nie en aanvaar geen verantwoordelikheid vir inskrywings wat onafgelewer, verlore of vertraag is nie. Bewys dat die inskrywing gestuur is, bewys nie dat dit ontvang is nie. die Nomineerder en/of genomineerde moet self ontvangs van die inskrywing bevestig.

Kleuterskoolonderwysers: Bepalings en voorwaardes

  1. Genomineerdes sal slegs oorweeg word indien die skakel volledig ingevul is.
  2. Die genomineerde moet 'n NKR vlak 4/5-kwalifikasie hê. Bewys van die kwalifikasie moet voorsien word.
  3. Die genomineerde moet reeds minstens 12 maande by Solidariteit Helpende Hand werksaam wees.
  4. Die aantal nominasies per persoon is onbeperk.
  5. Niemand onder 18 jaar mag aan die kompetisie deelneem nie.
  6. Die nomineerder is verantwoordelik om seker te maak die genomineerde is suksesvol geregistreer.
  7. Deelname aan die kompetisie impliseer die genomineerde aanvaar alle bepalings, reëls en voorwaardes.
  8. Genomineerdes stem in dat hul besonderhede op Solidariteit Helpende Hand se webwerwe mag verskyn.
  9. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
  10. Die wenners sal deur 'n paneel gekies word. Beslissings is finaal.
  11. Die wenners stem in om hul samewerking te gee en deel te neem aan al Solidariteit Helpende Hand se openbare en mediageleenthede wat met die kompetisie verband hou.
  12. Alle inskrywings word die eiendom van Solidariteit Helpende Hand maar die inligting sal vertroulik hanteer word en slegs vir Solidariteit Helpende Hand se gebruik wees.
  13. Deelname aan hierdie kompetisie veronderstel toestemming van die nomineerder en genomineerde om deur Solidariteit Helpende Hand gekontak te word.
  14. Solidariteit Helpende Hand is nie aanspreeklik vir enige tegniese fout wat daartoe kan lei dat 'n inskrywing nie suksesvol ingedien word nie en aanvaar geen verantwoordelikheid vir inskrywings wat onafgelewer, verlore of vertraag is nie. Bewys dat die inskrywing gestuur is, bewys nie dat dit ontvang is nie. die Nomineerder en/of genomineerde moet self ontvangs van die inskrywing bevestig.